Vakbond kla oor staat se mediese fonds
Vakbond kla oor staat se mediese fonds

Vakbond kla oor staat se mediese fonds

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die regering se eensydige verandering aan staatsamptenare se mediesefondsbydraes sal nie geduld word nie en word so sterk moontlik verwerp.

Die sekretaris-generaal van die Namibiese Onderwysersunie (Nantu) het lede gemaan om nie paniekerig te raak oor die besluit wat “nie toegelaat sal word sonder dat dit deur die nodige prosesse gegaan het nie”.

Mnr. Basilius Haingura het lede gemaan om nie enige dokumente te teken wat goedkeuring aan die voorgestelde aftrekkings verleen alvorens ‘n geskrewe ooreenkoms tussen die betrokke partye bereik is nie. Volgens Haingura is ‘n ooreenkoms die standaardpraktyk ná ‘n onderhandelingsproses.

“Ons doen ‘n beroep op ons lede om waaksaam en versigtig te wees vir eksterne magte wat verwarring veroorsaak en die massas mislei,” het Haingura gesê.

Haingura het beklemtoon alle ooreenkomste tussen die regering en die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu) en Nantu, wat met staatsamptenare se diensvoorwaardes verband hou, is aan onderhandelings tussen die werkgewer (regering) en vakbonde onderhewig.

Hy het gesê Napwu en Nantu is die enigste erkende onderhandelingseenhede wat alle staatsdiensamptenare verteenwoordig vir alle kwessies oor diensvoorwaardes.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!