Vakansietyd is speeltyd
Vakansietyd is speeltyd

Vakansietyd is speeltyd

Gerine Hoff
Vakansietyd vir die kinders op Tsumeb beteken dat hulle langer buite kan speel. Dié sewe knapies het met hul selfgeboude draadkarre te lekker ’n reisies in die straat gehou. Andreas Shivute (11) sê elkeen het sy eie karretjie gebou en dat dit bakkies, lorries of selfs ’n BMW kan wees. Hy het die kuns by sy ouer broer geleer. Onder hulle is ook ’n “werktuigkundige” wat altyd sy tang byderhand het, sou iets fout gaan met een van die karretjies. Dan spring hy in en maak dit daar en dan reg. “Dit is maklik om die karre te bou. Jy het net bietjie draad, koeldrankblikkies of plastiekwiele, ’n tang en verbeelding nodig,” sê Shivute. Van links is Martin Shivute (12), die werktuigkundige Joel Nashiku (11), Absalom Absalom (11), Andreas Shivute (11), Paulus Indonga (10), Pauli Sakeus (7) en Kamati Isaak (11), elkeen met ’n draadkar wat hy self gebou het. Foto Tanja Bause

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!