Vakansiefoto-wenners
Me. Rensia Jordaan se vakansiefoto is in ons SMS-kompetisie as wenfoto aangewys. Met die foto “Jy het nie ’n munisipale swembad nodig om lekker te swem nie” het sy ’n Instax- SQ digitale kitskamera ter waarde van N$4 346 losgeslaan. Me. Maatjien Coetser het die tweede prys, ’n Insta- mini-70 kitskamera ter waarde van N$2 260, gewen. Haar foto is tydens haar wittebrood in Bali op die Gili Meno-eiland geneem. Me. Ulandè Viljoen het met ’n foto van haar eerste tandemvalskermsprong op Swakopmund die derde plek gewen. Sy het ’n Instax- mini-9 kitskamera ter waarde van N$1 564 gewen. Al drie pryse sluit drie pakkies film in en is deur Namibia Portraits & Technology, Fujifilm en Republikein geborg.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie