Vakansie rek vir leerlinge
Henriette Lamprecht - "Dit het ons hele beplanning omvergewerp."
Dit was gister die reaksie van onderwysers ná die ministerie van onderwys, kuns en kultuur se aankondiging dat staatskole en -koshuise reeds eerskomende Vrydag vir die vakansie sluit. Die ministerie het in 'n verklaring by monde van sy permanente sekretaris gesê alle geskeduleerde eksamens en termyntoetse wat aanstaande week afgelê moes word, moet ook teen Vrydag afgehandel wees.
"As daar enige skole is wat eksamens en termyntoetse vir volgende week geskeduleer het, moet hulle hul roosters so verander dat dit teen Vrydag afgehandel is," aldus me. Sanet Steenkamp.
Met nou net twee dae voor die skole vir die Mei-vakansie sluit, moes skole gister inderhaas ouers en leerlinge laat weet dat ekstra eksamenvraestelle en toetse teen Vrydag ingewerk sal moet word.
"Ons moes die oggend noodgedwonge 'n brief formuleer om aan ouers en leerlinge te stuur dat sommige leerlinge nou twee vraestelle op een dag sal moet skryf," het een onderwyser gesê.
Volgens die ministeriële verklaring geld die vroeë sluiting net vir leerlinge. Onderwysers en ander personeel, met inbegrip van koshuispersoneel, moet steeds vir diens aanmeld tot Woensdag (26 April) wanneer die skole en koshuise aanvanklik sou sluit. Steenkamp het personeel aangemoedig om dié tyd te gebruik om uitstaande administratiewe take te finaliseer en voorbereidings vir die tweede termyn te tref wanneer die skole op 30 Mei weer open.
Sy het personeel vir hul toewyding en harde werk tydens die eerste termyn bedank.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie