Vakansie kom vroeu00ebr
Vakansie kom vroeu00ebr

Vakansie kom vroeër

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het in ’n mediaverklaring aangekondig skole gaan vanjaar weens die nasionale verkiesings vroeër sluit.

Die nasionale verkiesings vind op 27 November plaas, derhalwe het die ministerie besluit skole en koshuise landswyd sal op 22 November sluit.

Skole is ook aan die nasionale skoonmaakveldtog op 20 September herinner.

“Skole moet verseker almal neem aan dié belangrike aktiwiteit deel en dat die hele skool en koshuis skoongemaak word. Dit kan oor naweke gedoen word en die omliggende gemeenskappe kan op ’n vrywillige basis betrokke raak,” lui die verklaring.

“Elke skool is verplig om die skoolgronde, klaskamers en ablusiegeriewe gereeld skoon te maak. ’n Skoon omgewing is belangrik vir die leerlinge en vir opvoeding.”

Die ministerie doen ook ’n beroep op alle skole om teen vandalisme te waak en die nodige stappe te doen om dit te voorkom.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!