UPM ondersteun nie ‘waarnemende kaptein’

Sentrale komitee verkies nuwe president

17 April 2018 | Politiek
Tydens ‘n vergadering van die sentrale komitee van die United People’s Movement (UPM) die afgelope naweek op Rehoboth is ‘n bestuursresolusie bekragtig waarin die aanstelling van die “waarnemende kaptein” van die Rehoboth Basters nie ondersteun word nie.

Volgens die UPM het die verkiesing van die kaptein nie ingevolge die voorvaderlike wette plaasgevind nie.

Die nuutverkose president van die UPM, mnr. P. Junius, het in sy boodskap aan die sentrale komitee gesê die UPM is ‘n nasionale politieke party, maar ook deel van die tradisionele gemeenskap van Rehoboth. Om hierdie rede moet die party oor die aangeleentheid van die kapteinskap standpunt inneem. Hy sê dit is noodsaaklik dat besluit word of ‘n kaptein en volksraad verkies gaan word en indien wel, wanneer dit moet plaasvind.

Tydens die vergadering van die sentrale komitee is Junius as die president van die party verkies in die plek van die stigterspresident, mnr. Willem B. van Wyk, wat einde Augustus 2017 afgetree het.

In sy toespraak het Junius gewys op die skorsing van die Rehoboth-dorpsraad. Die UPM het drie raadslede op die dorpsraad gehad.

“Die dorpsraad is onbepaald deur die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, (dr. Peya Mushelenga) geskors, met geen aanduiding van wat moet gebeur nadat die tydperk verstryk het nie.

“Al was ons raadslede nie skuldig aan die gemors waarin die munisipaliteit dit bevind nie, is ons saam met die ware skuldiges geskors. Ek is van mening dat die minister lig moet werp oor wat die toekoms vir die dorpsraad inhou, veral in die geval van opposisieraadslede,” het Junius gesê.

Hy het ook op ‘n vergadering gewys wat die UPM-leierskap met pres. Hage Geingob gehou het. Junius het gesê die vergadering is weens ‘n tydsbeperking uitgestel en daar is besluit om ‘n opvolgvergadering te hou. Hy het die aanvanklike vergadering as “vrugbaar” beskryf, al is geen finale besluite geneem nie. Die party-leierskap wag nog vir die kantoor van die president om te hoor wanneer die gesprek voortgesit kan word.

Wat die grondkonferensie betref, sê Junius dit is van groot belang omdat die Rehoboth-gemeenskap vir ‘n geruime tyd ‘n probleem het met grond en die onteiening daarvan deur die regering. Die UPM is van voorneme om die kwessie te berde te bring by die grondkonferensie, wat vir die eerste week in Oktober geskeduleer is.

“Mense oor die hele land soek net ‘n klein stukkie grond om ‘n plek op te bou waar hulle kan woon, en ons is geen uitsondering nie. Ons is ten sterkste gekant teen die gryp van grond, maar as daar geen grond beskikbaar is vir mense om ‘n klein stukkie te bekom nie, wat moet die mense doen? Hoekom word gesê daar is geen geld om die grond te diens nie terwyl miljoene (dollar) rondgegooi word om plase vir die Namibiese weermag te koop?” wou Junius weet.

By die vergadering van die sentrale komitee is die UPM-parlementslid, mnr. Jan van Wyk, as visepresident verkies en die UPM se plaaslike owerheid-raadslid, me. Emma Farmer, is as nasionale voorsitter verkies.

Mnr. Frans Bertolini is as die ondervoorsitter verkies en me. Geraldine Steenkamp as die adjunk-sekretaris-generaal van die pary. Die verkiesing het meegebring dat die UPM nou agt vroue en vier mans as lede van die bestuuurskomitee het.

Soortgelyk

 

Ethiopiese vliegtuig met 157 aan boord stort neer

1 uur gelede | Ongelukke

‘n Boeing 737 van Ethiopian Airlines het vanoggend onderwegvanaf Addis Ababa na Nairobi in Kenia neergestort.Die Ethiopiese eerste minister, Abiy Ahmed, het in ‘n verklaring...

Geingob: Gelukkig Vrouedag, vroue

2 dae gelede | Regering

President Hage Geingob sê hy erken die dapper pogings van vroue om beter gemeenskappe te skep en tot die voorspoed van die mensdom by te...

Verkrygingsraad presteer

2 dae gelede | Regering

Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) se raadsvoorsitter, mnr. Patrick Swartz, en administratiewe hoof, me. Lischen Ramakhutla, het vanoggend lig gewerp op uitdagings wat die...

Namibië topbestemming by ITB

2 dae gelede | Toerisme

Namibië is gisteraand as beste safari en wildbestemming by die Internasionale Toerismeskou in Berlyn (ITB) in Duitsland aangewys.Die minister van die omgewing en toerisme, mnr....

Wet slaan toe op wapenlisensies

2 dae gelede | Ministeries

Denver Kisting – Op die oomblik hoef iemand wat om ’n wapenlisensie aansoek doen, nie bewys te lewer dat hulle in staat is om ’n...

Reënweer vertoef langer

2 dae gelede | In beeld

Die Namibiese weerkantoor voorspel sonnige en baie warm weer vir vandag in die verre weste en suidweste van die land, terwyl dit elders gedeeltelik bewolk...

Water: Verligting ná hemelhoë rekeninge

2 dae gelede | Regering

Elvira Hattingh - Windhoekers wat vandeesmaand uitsonderlike hoë waterrekeninge ontvang het, kan ‘n sug van verligting slaak omdat die droogtetarief vir huishoudings net tot Januarie...

Kalender 8 Maart

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Tapz is 'n meester van die bira en die Wes-Afrikaanse djembe. Dit kan op sy debuutalbum, Awaited Wait, wat in Desember...

Jeuggeweld ruk Outjo

2 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting Drie jongelinge van Outjo is steeds agter tralies nadat hulle glo sowat 'n maand gelede twee ander jong mans binne 43 minute doodgesteek...