UPM maak reg vir kongres
UPM maak reg vir kongres

UPM maak reg vir kongres

Augetto Graig
Augetto Graig - Die United People’s Movement (UPM) is besig om voorbereidings te tref vir hul derde nasionale kongres.

Die kongres word vir 28 en 29 Julie vanjaar beplan.

Daar is by die sentrale komiteevergadering op 13 Mei op dié datum besluit en die party se jeug- en vroueligas het opdrag gekry om voor 29 Julie hul eie kongresvergaderings te hou.

Albei word tans beplan vir 28 Julie by die party se hoofkantoor op Rehoboth.

Intussen sal die UPM vergaderings hou met die Rehoboth- landelike gemeenskap op Schlip op 24 Junie om 14:00, en op Hentiesbaai in die Erongostreek op 15 Julie om 14:00.

Alle UPM-nominasies moet gereed gekry word vir indiening by die hoofkantoor voor 12 Julie.

Gesprekke oor die 2016-'17 finansiële rekords en die goedkeuring van die begroting vir die huidige jaar is op die agenda. Volgens die party se sekretaris-generaal, me. Vonney Kunze, sal beplanning vir die nasionale verkiesing in 2019 en die streeksverkiesing en plaaslike owerheidsverkiesing in 2020 ook plaasvind.

Terugvoering oor die partyleierskap se onlangse besoek aan president Hage Geingob sal ook gegee word, het Kunze gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!