UPM hou derde kongres
UPM hou derde kongres

UPM hou derde kongres

Die party moedig lede aan om by te dra tot die finansiering van regsaksie teen die minister.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die United People's Movement (UPM) het verlede naweek hul derde nasionale kongres gehou waartydens nuwe leiers vir hul vroue- en jeugliga gekies is.

Dié twee politieke organe van die party was die afgelope drie jaar leierloos.

Me. Hannalore Lottering van die Hardapstreek is tot nasionale voorsitter vir die vroueliga (UPMWL) verkies, met me. Anna Maricia Titus van Erongo as ondervoorsitter.

Me. Anceline van Wyk is tot nasionale tesourier, en me. Ida Owoses tot nasionale sekretaris van die Otjozondjupastreek verkies.

Mnr. Mario Katjau van die Erongostreek sal nou die jeugliga (UPMYL) se sekretaris-generaal wees.

Mnr. Silvanus Kharaseb van die Hardapstreek is die nuwe voorsitter, terwyl mnr. Reagon Beukes van die //Kharasstreek tot ondervoorsitter verkies is.

Me. Tanya van Rooi van die Hardapstreek is die nasionale sekretaris, en me. Julia Khaeses is die nasionale tesourier.

Mnr. Stanley Rooinasie, ook van Otjozonjupastreek, is haar nuwe adjunk.

Mnr. Jan van Wyk, UPM-parlementslid, het die kongrespartyleiers versoek om toegewyd en gedissiplineerd te wees.

“Ons as leiers moet ’n voorbeeld stel,” het hy gesê

“Die UPM is nie bereid om leiers wat nie toegewyd is nie in posisies te hou nie,” sê hy.

Dit volg ná sekere leiers nie by die kongres teenwoordig was nie.

“Die UPM sal nie gyselaar gehou word deur dié in sleutelposisies nie,” het Van Wyk gesê.

By die kongres is dele van die party se grondwet verander om die sekretariaat kleiner te maak, om die sekretaris-generaal se posisie na ’n voltydse een te verander en om komende vergaderings van die sentrale komitee jaarliks tussen Januarie en Februarie te hou.

Daar is ook besluit dat die president en die adjunkpresident lewenslange lidmaatskap van die uitvoerende komitee, sentrale komitee en die kongres kry sonder stemreg ná aftrede.

Van Wyk het ook die situasie op Rehoboth aangespreek.

Hy sê die party probeer al jare tevergeefs om die owerhede te oortuig om aksie teen korrupsie in die dorpsraad, tradisionele owerhede en staatsondernemings op die dorp te neem.

“Die UPM wil by die minister van stedelike en landelike ontwikkeling weet waarom sy nie teen die Rehoboth-dorpsraad (RTC) kan optree nie.

"Die minister het erken dat ondersoeke onreëlmatighede by die RTC gevind het. Sy het verder aangedui dat mnr. Willie Swartz onwettig by die Rehoboth-dorpsraad is.

"Sy het sonder sukses die RTC by verskeie geleenthede opdrag gegee om haar instruksies en aanbevelings te implementeer. Sy is bewus van die feit dat die Swapo-lede van die raad besluit het om nie haar instruksies te volg nie, maar sy versuim om van haar bevoegdhede gebruik te maak,” sê hy.

Van Wyk het die party se goedkeuring versoek om lede toe te laat om by Rehoboth-inwoners betrokke te raak sodat regsaksie teen die minister ingestel kan word.

Die party het die versoek goedgekeur en lede is aangemoedig om bydraes tot die finansiering daarvan te lewer, aangesien die UPM nie dié aksie finansieel kan ondersteun nie.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.03/OZ UP +1.29% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.06% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.28/OZ UP +1.39% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.03/OZ UP +1.29% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.06% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.28/OZ UP +1.39%