UNWTO-beraad stel Afrika eerste
UNWTO-beraad stel Afrika eerste

UNWTO-beraad stel Afrika eerste

Afrika se ministers van toerisme en senior beamptes was vandeesweek in Namibië byeen.
Augetto Graig
Augetto Graig



Die Verenigde Nasies se Wêreldtoerisme-organisasie (UNWTO) het gister sy streekkonferensie in Windhoek afgehandel.

Ministers en ­hoëvlak-amptenare verantwoordelik vir toerisme in Afrika het die konferensie sedert Maandag virtueel en in persoon bygewoon.

Die geleentheid se doelwitte sluit in die verbetering van Afrika se beeld as 'n gesogte toerismebestemming, die betrekking van die openbare en private sektor om positiewe stories oor Afrika-toerisme te versprei, om die vermoë van bestemmings in Afrika te versterk veral ten opsigte van handelsmerk-ontwikkeling, om klein- en medium-toerisme-ondernemings te versterk om meer mededingend te wees, en om toegang tot kapitaal vir toerisme-ondernemings tydens Covid-19 te ontleed.

By die opening van die ­konferensie het president Hage Geingob gesê toerisme speel 'n noodsaaklike rol in die land se ekonomie en hy verwelkom die konferensie om die vinnige herstel van toerisme in die wêreld te fasiliteer. Toerisme worstel steeds met die impak van Covid-19 wêreldwyd en in Namibië, sê hy.

Die hoogs aansteeklike viruspandemie het in Maart 2020 eensklaps tot 'n 96% afname in wêreldwye reise gelei, het Geingob gesê.

“Selfs met die bemoedigende nuus rakende die ontwikkeling van Covid-entstowwe wat hoop vir die herstel van die toerismebedryf en reis bied, bly daar uitdagings en die sektor verwag om tot diep in 2022 steeds negatiewe tot geen groei te toon,” sê hy.

Geingob het gepraat oor Namibië se strategie vir toerisme-herlewing wat in Junie 2020 voorgestel is en hoe plaaslike toerisme sekere instansies steeds op die been kon hou.

“Nogtans kan plaaslike toerisme net gedeeltelik vergoed vir die verlies van inkomende toeriste. Ware herstel sal slegs moontlik wees wanneer internasionale toerismevlakke na pre-Covid-vlakke terugkeer,” sê hy.

Die effektiewe toepassing van die UNWTO se agenda vir Afrika 2030: “Toerisme vir insluitende groei”, is dus belangriker as ooit, sê Geingob.

Die staatshoof sê Afrikalande moet hul benadering tot toerismebeleid­skepping koördineer terwyl wêreldwye samewerking en bewys-gebaseerde oplossings die veilige reis van toeriste, en die opheffing van reis­beperkings moet verseker.

“Ná die pandemie sal ons vermoë noodsaaklik wees om veerkragtigheid binne toerisme te herstel, nie net om die volgehoue groei van dié sektor te verseker nie, maar ook voorbereiding teen toekomstige skokke te verhoog.”

Geingob dring aan op gesamentlike handelmerk-ontwikkeling vir die vasteland om Afrika as 'n topbestemming vir toerisme en sakereise te vestig.

“Ons moet ten volle verbind wees tot Afrika as 'n handelsmerk, wat een van die prioriteite van die UNWTO-agenda vir die vasteland is. Om dit te bereik, moet ons ons mediaplatforms gebruik om Afrika-vermoëns, innovasies en prestasies ten toon te stel en te vier,” sê hy.

Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), me. Gitta Paetzold, het tydens 'n onderhoud gesê die feit dat bykans 60 ministers en topbeamptes vir die konferensie na Windhoek gekom het, is 'n pluimpie vir Namibië. Volgens Paetzold is dit nou 'n goeie tyd vir die ganse UNWTO om die waarde van toerisme vir Afrika te sien en die bedryf op 'n internasionale vlak te help bemark.

“Ons is op die regte pad; 'n begin is gemaak. Dis nou tyd vir Afrika,” sê sy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.62 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.96/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.35% | Zinc US$ 2 869.40/T UP 1.69% | Brent Crude Oil US$ 87.71/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 929.97/OZ DOWN -0.0067 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.62 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.96/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.35% | Zinc US$ 2 869.40/T UP 1.69% | Brent Crude Oil US$ 87.71/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 929.97/OZ DOWN -0.0067