Universiteit en Airbus beplan samewerking
Universiteit en Airbus beplan samewerking

Universiteit en Airbus beplan samewerking

Visekanselier hoop formele ooreenkoms kom gou.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Die Universiteit van Wetenskap, Kuns en Tegnologie (NUST) en Airbus Defence and Space (ADS) het 'n brief onderteken wat die twee instansies se planne vir toekomstige samewerking uitstippel.

ADS is die wêreld se tweede grootste ruimtemaatskappy ná Boeing en een van die top-10 verdedigingsmaatskappye in die wêreld met verteenwoordiging in 35 lande en 40 000 werknemers uit 86 nasionaliteite.­

Volgens NUST se visekanselier, mnr. Tjama Tjivikua, sal die nuwe vennootskap die universiteit se vermoëns verbeter en betrokkenheid by vennoot-instellings en ander internasionale vennote verbreed, wat sodoende waarde tot die samelewing sal voeg.

Die universiteit het voor- en nagraadse programme in geo-inligtingswetenskap en aarde-waarneming, en ruimtewetenskap en geomatika.

Planne word beraam om nagraadse programme in lugdienstegnologie aan te bied om te verseker dat die tegnologiese vooruitgang wat gemaak word met die vereiste mens­like kapitaal tred hou.

Volgens die ooreenkoms word samewerking ten opsigte van 'n virtuele ruimte-inligtingsentrum beoog. Dié sentrum sal toegang tot Namibië deur 'n virtuele poort moontlik maak en sal Airbus in staat stel om deur middel van satel­liete inligting oor die land te versamel.

Die inligting sal aan ministeries en verskeie instellings beskikbaar gestel word.

“Die sentrum kan in verskeie sektore gebruik word wat onder meer lugvaart-, maritieme en grondvervoer, verstedeliking, kartering en opnames, menslike gesondheid, rampbestuur, voedselsekuriteit en volhoubare landbou, omgewingsmonitering en die bestuur van natuurlike hulpbronne,­ insluit.”

Volgens die ooreenkoms sal die twee instansies ook saamwerk aan die ontwikkeling van akademiese nagraadse programme op verskeie gebiede soos ruimtetegnologie en –navorsing. Dit sluit ook die uitruil van idees met kenners van die Airbus-akademie en Franse universiteite in.

NUST wil voorts by Airbus kers opsteek oor die ontwikkeling van 'n Airbus-onderhoudprogram in Namibië.

Tjivikua het die hoop uitgespreek dat 'n formele samewerkingsooreenkoms spoedig sal volg.

“Dit sal tot gevolg hê dat albei partye daaraan werk om akademiese en navorsingsprogramme tot voordeel van beide partye te skep. Uitruilprogramme vir akademiese personeel en studente van Airbus sal ook bevorder word. Dié samewerkende netwerk is uiters belangrik vir die ontwikkeling van menslike kapasiteit in ruimtetegnologie in Namibië.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!