United lig sy kop; Wanderers gelyk boaan
United lig sy kop; Wanderers gelyk boaan

United lig sy kop; Wanderers gelyk boaan

Wanderers en WHS Old Boys het as voorlopers elk vyf uit sewe wedstryde gewen.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die krieketspan van Trustco United se oorwinning Saterdag teen die kusspan MR24/7 Welwitschias kom as 'n verrassing, nadat die voorheen wenlose Windhoekse klub in sy vorige wedstryde vir betreurenswaardige tellings uitgeboul is.

In 'n reënverkorte wedstryd by die United-veld is die kusspan vir 'n oënskynlik verdedigbare 189 lopies uitgeboul, maar het straks nie rekening gehou met die vasberade kolfwerk van Hendrik van der Walt nie.

Laasgenoemde het as aanvangskolwer dinge bymekaar gehou met sy beurt van 85 lopies van 91 balle (agt viere en drie sesse). Sy vernaamste steun het van Eben van Wyk (23 van 49 balle) en 'n omgekrapte Darren van Dyk (17 van 8 balle, 1x4, 2x6) gekom.

Vir die afrondingswerk het Danie van Schoor (15 van 17 balle, 1x6) en Dewald Nell (14 nie uit nie van 8 balle, 1x4, 1x6) ook belangrike klein rolle gespeel. Vroeër het Lo-han Louwrens se vergeetbare seisoen voortgeduur toe hy ná nege balle vir 5 uitgevang is.

In die Welwitschias se vroeër kolfbeurt van 189 moes baie herstelwerk gedoen word nadat dinge op 35/5 en 69/6 reeds droewig gelyk het. As kaptein het Shalako Groenewald egter tot die aanval oorgegaan en 82 van net 57 balle geslaan (11x4, 4x6), met ewe waardevolle steun van Herman Karsten (48 nie uit nie van 55 balle, 3x4, 2x6). Die ekstras-kolom se 26 het 15 wydlopers deur United bevat.

United se beste bouler vir die dag was Danie van Schoor, met vier paaltjies vir 112 lopies in 6.1 boulbeurte (een leeg). Darren van Dyk was byna ewe goed (2/23 in 7, twee leeg).

In die Welwitschias se boulpoging het John-Erich Thierauch 3/32 in 6 geneem en Mauritius Ngupita was ekonomies (0/27 in 7).



WANDERERS KLOP TIGERS

Op WHS Old Boys se afnaweek moes hy van die kantlyn af toesien hoe Samsung FNB Wanderers die wenpunte behaal om dié twee klubs nou gelyk boaan die puntelys van Krieket Namibië se premierliga vir eendagkrieket te plaas.

WHS Old Boys en Wanderers het nou elkeen vyf uit sewe wedstryde gewen, vir 20 punte. Die Welwitschias het vasgehaak op 16, CCD Tigers is op 12 en United kan nou sy eerste vier punte wys.

Saterdag het Wanderers eerste gekolf op die CCD-veld, waar die wedstryd ook vanweë 'n reënbui tot 31 boulbeurte per span verkort is.

Wanderers het sy lopiemasjien Wessel Myburgh vir 'n nulletjie verloor, maar JC Balt het onmiddellik 'n kolfvennoot in JP Kotzé gevind.

Balt se 46 van 45 balle (2x4 4x6) en Kotzé se 85 van 64 balle (5x4, 6x6) het vasgeskop vir 'n 96-vennootskap om die tweede paaltjie, voordat Nicolaas Scholtz (29 van 22 balle, 1x4, 1x6) hom later ook by Kotzé aangesluit het.

Mika Mutumbe, eers met die nuwe bal en met later skofte, het 4/32 in 7 bb platgetrek, bygestaan deur sy duurder boulvennote Rene Were (2/35 in 4) en Dehan van Zyl (2/51 in 5).

Wanderers se totaal van 214/9 het bykans sewe lopies per boulbeurt van CC vereis.

Ramon Wilmot was 'n rots vir die oranje span met 76 van 79 balle (5x4, 3x6), maar die res van die kolwers het verbrokkel, afgesien van opflikkerings deur Norbert Manyande (12 van 22 balle) en Mika Mutumbe op nommer nege (21 nie uit nie van 27 balle, 2x4, 1x6).

Wilmot se vertrek op 107/6 was die doodsteek, toe hy deur Steven Delport (2/16 in 4) geboul is. Nicolaas Scholtz was Wanderers se giftigste bouler (3/26 in 7), met Wessel Myburgh (2/20 in 6) en Stephen Jordaan (1/20 in 6) selfs méér ekonomies.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!