Unieke Namibiese handsakke

“Bark Design moet in die toekoms die toonaangewende eksklusiewe ontwerpstudio wees vir mense om na te gaan.”
Tanja Bause
Tanja Bause – Sowat twee jaar gelede het Bark Design die lig gesien en Windhoekers het nou die geleentheid om unieke, handgemaakte handsakke volgens hul eie spesifikasies te laat maak.

Mnr. Schalk Steenkamp (27), eienaar van dié onderneming, het ná skool ’n sjefkursus gedoen.

“Ek het nog altyd van kosmaak gehou en ná die kursus van ses maande het ek vir ’n jaar by ’n restaurant op Stellenbosch gewerk. Ek kon egter nie werk as ’n sjef met my terugkeer na Namibië kry nie en het by ’n plek wat kombuise ontwerp en installeer begin. Met my agtergrond as ’n sjef kon ek vinnig baie praktiese kombuise ontwerp,” het hy gesê.

Hierná het Steenkamp ’n vier jaar-kursus in binnenshuise ontwerp in die Kaap gaan doen.

Ná afloop daarvan het hy sy portefeulje aan drie ontwerpers in Europa gestuur.

Mnr. Piet Hein van Antwerpen in België het hom ’n internskap van ses maande aangebied.

“Hulle het goedere soos meubels, lampe en keramiekitems ontwerp. Ná my internskap het ek besluit om na Namibië terug te keer omdat hier ’n groot gaping in die mark vir goeie, unieke, handgemaakte produkte is.”

Steenkamp het in Antwerpen ook met leersakke gewerk, in die besonder met leersakke sonder stikwerk.

Hy ontwerp al Bark Design se handsakke self, sny die patrone uit en maak gaatjies in die leer vir die stikwerk.

Die stikwerk word deur mee. Otilie Urikos (70) en Johanna Isaak (68) behartig.

Urikos het eerste by Bark Design begin werk.

Sy het meer as 20 jaar se ervaring in leerwerk opgedoen voordat sy eers plaas toe getrek het en toe in Windhoek naaldwerk begin doen het.

“Om met leer te werk, is vir my baie lekkerder. Jy moet baie presies werk, want as jy die gaatjie op die verkeerde plek inkap, is die leer daarmee heen,” het sy gesê.

Ses maande later het Isaak by die studio aangesluit. Sy het 30 jaar ondervinding as ’n naaldwerker.

“Ek wou leer hoe om met leer te werk. Dit is vir my ’n nuwe uitdaging en ek is baie trots daarop as ek iemand sien wat ’n handsak van Bark Design het. Ons is die vroue wat seker maak die stikwerk kom nie los nie, en dat die sakke gemaak is om te hou,” het sy gesê.

Bark Design se produkte is 100% Namibies en 100% handgemaak.

“Ons koop al ons leer by Nakara, wat dit van boere af koop. Alle sakke word deur my ontwerp. Ek maak nie twee sakke dieselfde nie. Ek sit ’n stukkie van myself in elke sak,” het Steenkamp gesê.

Uit die afvalstukkies leer word blokkies gesny wat aanmekaar gewerk word om banke, kussings en beanbags te maak.

“Ons probeer om elke stukkie leer te gebruik en so min as moontlik weg te gooi.”

Bark Design het volgens Steenkamp ’n mylpaal bereik toe hulle ’n kontrak met Gondwana geteken het om hul nuwe lodge, wat in November open, se leerwerk te doen.

“Ons sal sleutelhouers, deurstoppers, plekmatjies en so meer vir die lodge maak, en ons sal ook die winkel van voorraad voorsien.”

Bark Design maak ook leervoorskote vir verskeie restaurante.

Volgens Steenkamp is die onderneming uiteindelik besig om winsgewend te raak.

“In die toekoms wil ek ook weer meubels en lampe begin ontwerp. Ek wil die toonaangewende eksklusiewe ontwerpstudio vir mense wees wat op soek na iets besonders en unieks vir hul huise is.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!