Unieke Kaza-reispakket
Unieke Kaza-reispakket

Unieke Kaza-reispakket

Namibia Wildlife Resorts (NWR), in vennootskap met drie van die vier ander lande van die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied (Kaza TFCA) - Botswana, Zambië en Zimbabwe - het 'n opwindende nuwe roete van stapel gestuur om toerisme in die Kaza-gebied te bemark.

Dié bewaringsgebied is uniek, want dit sluit die Okavango-delta, die wêreld se grootste binnelandse rivierdelta, asook die gewilde Victoria-valle in.

Kaza TFCA, wat oor vyf Suider-Afrikaanse lande - Namibië, Angola, Botswana, Zambië en Zimbabwe - strek, is die grootste bewaringsgebied ter wêreld.

"NWR het die geleentheid gesien om 'n unieke pakket saam te stel en sy Popa-valle-oord in die Kavangostreek in te sluit. Die pakket behels dat gaste die geleentheid het om vier lande in ses dae te beleef," lui 'n mediaverklaring van NWR.

“Ons hoofdoel is om Afrikalande te verenig en oorgrenstoerismte te bevorder," het NWR se besturende direkteur, me. Zelna Hengari, gesê.

“Dit was belangrik om onsself eers met die roete te vereenselwig voor ons dit vir die publiek oopstel. Daarom is van ons kollegas sedert 10 November op 'n inleidingstoer saam met van die hoë kommissarisse van die Kaza-lande.

“Om die toer eerstehands te beleef, sal beamptes help om hierdie unieke pakket in hul verskeie lande beter te bemark," het mnr. Mufaro Nesongano, NWR se bestuurder van korporatiewe kommunikasie en aanlyn media, gesê.

Me. Esther Ndilula, NWR se bestuurder van konferensies, geleenthede en reisbeplanning, het die pakket saamgestel.

Sy sê: "Ek is verheug dat die Kaza-toer uiteindelik begin het en ons is opgewonde om hierdie oorgrenstoerismepakket aan te bied.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!