Unie roep Shoprite-werkers byeen
Augetto Graig - Die Namibiese Unie vir Voedsel en Verwante Werkers (Nafau) se algemene sekretaris, mnr. Jacob Penda, het verlede week Shoprite-werkers aangemoedig om so gou moontlik by dié vakbond aan te sluit.
Shoprite erken nie Nafau of die Namibië Kommersiële Spyseniering-, Voedsel- en Verwante Werkersunie (NACCAFWU), of die Namibiese Groot- en Kleinhandel Werkersunie (NWRWU) as amptelike bemiddelaars vir sy werkers nie, omdat nie een genoeg steun het nie.
“Ek wil die werkers van Shoprite inlig dat Nafau gereed staan om hulle te verteenwoordig,” het Pendu by 'n mediakonferensie by die vakbond se persele in Katutura op 1 Junie gesê.
Hy het gesê Shoprite se werkers gaan gebuk onder uitbuiting van die hoogste vlak weens die verwarring en verdeling wat die afgelope sewe jaar veroorssak is omdat geen vakbond genoeg steun kon kry om erken te word nie.
“Omdat geen vakbond erken is nie, maak dit die werkers kwesbaar,” het Penda gesê.
“Dit is onaanvaarbaar dat Shoprite se werkers vir meer as vyf jaar deeltyds werk. Ons het dus besluit om al die werkers te mobiliseer en te organiseer om ’n beroep op die winkelbestuur te doen om die voortdurende dissiplinêre verhore te laat vaar,” het hy gesê.
Meer as 'n honderd werkers word tans verhoor deur die ministerie van arbeid se amptenare weens hul deelname aan 'n tweede onwettige staking in 2015.
Penda het gesê sy vakbond is nie gemotiveer deur die geld wat hulle uit ledegeld sou invorder nie.
“Ons kyk nie na hoeveel geld daar is nie. Ons is besorg oor die Shoprite-werkers wat swaarkry en wil toesien dat hulle behoorlik verteenwoordig word,” het hy gesê.
Volgens die vakbondleier het hulle in die verlede probeer om 'n gesamentlike oplossing te vind ná die ministerie van arbeid die bestuur en al drie betrokke unies byeengeroep het.
Die poging het misluk en daarna het Nafau besluit om die werkers te mobiliseer, het Penda gesê.
“Hoe vinniger hulle by die vakbond aansluit, hoe vinniger kan ons Shoprite konfronteer,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie