Unie kla oor uitkontraktering
Unie kla oor uitkontraktering

Unie kla oor uitkontraktering

Sowat 278 werkers kan hul werk voor 15 Maart verloor.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die Mynwerkersunie (MUN) het op 23 Februarie 'n beroep op die ministeries van arbeid en mynbou gedoen om stappe te neem om te verhoed dat Skorpion Zinc voor 15 Maart vanjaar 278 werkers aflê.

Die algemene sekretaris van die vakbond, mnr. Ebben Zarondo, het die myn se bestuur gevra vir 'n alternatief op hulle plan om die werkers na die Suid-Afrikaanse maatskappy Basil Read oor te plaas. Basil Read is Skorpion se myndepartement se nuwe kontrakteur.

In Januarie het Skorpion se ­algemene bestuurder, mnr. Irvinne Simataa, aangekondig Basil Read sal tot 450 werksgeleenthede vir Namibiërs skep wanneer hulle dié departement oorneem, en die 278 Skorpion-werkers sal voorkeur kry.

Dié stap word geneem in 'n poging om die myn se finansiële ­lewensvatbaarheid te verleng tot 2020.

Simataa beplan om Pit 112 uit te brei deur die stroping van afvalrotse tot 40 miljoen ton per jaar te verhoog.

Skorpion se woordvoerder, me. Nora Ndopu, het gesê Skorpion het nie die kapasiteit om groot hoeveelhede rots op 'n ekonomiese manier vinnig genoeg te verwerk nie, juis daarom is die werk aan Basil Read gegee.

Maar Zarondo sê dié onderneming sal net na meer onsekerheid op die gebied van werksekuriteit in Namibië lei.

“Werkers is gekonfronteer met die verlies van 'n permanente aanstelling by Skorpion. Dis niks anders as die koloniale arbeidstelsel wat ons voorouers moes hanteer nie,” het hy gesê.

Hy prys die permanente sekretaris van die ministerie van arbeid, mnr. Bro-Matthew ­Shinguandja, wat verlede Maandag met die vakbond en die mynbestuur vergader het, maar sê sy goedkeuring van die myn se besluit om werk uit te ­kontrakteer, is bejammerenswaardig.

Zarondo is ook ongelukkig oor die Wet op Arbeid nommer 11 van 2007, wat van werkgewers vereis om vier weke kennis te gee voor hulle werk mag uitkontrakteer. Hy sê dis onvoldoende.

“Ons veroordeel die afleggings en die algemene praktyk van myne wat haglike werksomstandighede in Namibië bevorder,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!