Unam-studente moet meer opdok

Ekonomie knou ook universiteite

14 December 2018 | Onderwys
Henriette Lamprecht – Die finansiële verknorsing waarin die Universiteit van Namibië (Unam) verkeer, tesame met die algemene ekonomiese vooruitsig vir die land het die universiteitsraad genoop om klasgelde vir aanstaande jaar te verhoog.

Dit sluit ’n verhoging van 6% vir klasgelde in, asook ’n verhoging van die vereiste minimum betaalbare deposito vir onderrigfooie per fakulteit, wat nog bekend gemaak sal word.

Registrasiefooie vir aanstaande jaar beloop N$1 575.

By die hoofkampus in Windhoek, sowel as by Neudamm, Ogongo en die Sam Nujoma Mariene- en Kushulpbronne-navorsingsentrum (SANUMARC) gaan Namibiese studente volgende jaar N$12 860 moet opdok.

Vir studente uit die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) beloop fooie N$12 860 en vir nie-SADC-studente beloop dit N$21 360.

Dié fooie sluit ontbyt in.

Vir die Hifikepunye Pohamba-, Khomasdal-, Katima-, Rundu- asook die Unam-kampus in die Suide beloop fooie N$9 400 vir Namibiese sowel as SADC-studente, en vir die res N$14 440.

Ook hier is ontbyt ingesluit.

Studiefooie by die Jose Eduardo dos Santos-kampus (ontbyt ingesluit) is N$15 830 vir Namibiese en SADC-studente en vir die res N$27 110.

Vir gesondheidswetenskappe in die Noorde en in Windhoek beloop fooie vir volgende jaar N$9 000 vir Namibiese en SADC-studente in die Noorde, en N$18 000 vir die res.

By die betrokke kampus in Windhoek is dit N$16 010 vir Namibiese en SADC-studente en N$32 020 vir die res. Laasgenoemde fooie vir gesondheidswetenskappe sluit ontbyt uit.

Met verwysing na salarisverhogings vir aanstaande jaar sê die universiteit in ’n verklaring ’n eenmalige betaling van 5% van basiese salarisse sal oor ’n tydperk van sewe maande geïmplementeer word.

Dit geld vir personeel binne die bedingingseenheid en word op 15 Desember geïmplementeer. Die verhoging volg ná ’n ooreenkoms tussen die vakbonde en die universiteit op 12 November vanjaar.

Unam sê voorts in ’n verklaring personeel binne en buite die bedingingseenheid het die afgelope paar jaar dieselfde verhogings ontvang.

Weens die land se huidige ekonomiese omstandighede het die universiteitsraad besluit ’n eenmalige bedrag gelykstaande aan slegs 3% van ’n basiese salaris oor ’n tydperk van ses maande word aan personeel buite die bedingingseenheid toegeken.

Soortgelyk

 

Raad sit oor polisiehoof

3 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) sou gisteraand vir mnr. Abraham Kanime as hoof van die stadspolisie heraangestel het.Kanime is in Maart verlede jaar...

Windhoek droogste in 90 jaar

3 ure gelede | Weer

Ronelle Rademeyer - Die 2018-’19-reënseisoen sal vir die oorgrote deel van die land in die geskiedenisboeke opgeteken staan as van die droogste in menseheugenis.Die statistiek...

Katrina se lot gou bepaal

3 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Onder gewone omstandighede is die staat se verantwoordelikheid om skuld bo redelike twyfel te bewys.In die geval van die oudgoewerneur van die...

Regstelling oor Zenobia Kloppers

3 ure gelede | Kuns en vermaak

Republikein het gister verkeerdelik berig Zenobia Kloppers, die bekende Namibiese aktrise en sanger wat die hoofrol in die rolprent Fiela se kind losgeslaan het, is...

Minder studente ondersteun

3 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig - Die nuus dat bestaande en voornemende studente minder finansiële steun gaan ontvang, is ’n teleurstelling. So sê me. Ester Simon, president van...

Lodge heropen binnekort vir Visrivier-voetslaners

3 ure gelede | Toerisme

Namibia Wildlife Resorts (NWR) se Hobas Lodge het vroeg Februarie kitsvloede ervaar wat tot skade gelei het, maar die lodge sal op 1 Junie weer...

Charles Namiseb eindelik gestraf

3 ure gelede | Howe

Die tweede misdadiger en verkragter wat in 2010 vir die aanval op ‘n bejaarde egpaar van Uis verantwoordelik was, is gevonnis.Die eens voortvlugtige en berugte...

Aansoek vir toerisme-ontwikkeling by Meobbaai

3 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Die Namab-toeragentskap het planne om Meobbaai as toeristeaantreklikheid te ontgin.Die agentskap het ‘n aansoek vir ‘n omgewingsklaringsertifikaat vir die bou van ‘n...

Hulp sonder oordeel

3 ure gelede | Mense

Tanja Bause - “Ek het ‘n verkeerde pad geloop – een van verwoesting. Eendag het ek besef ek kan nie meer so aangaan nie....