Unam-staking verby
Die 11 dag lange staking van dosente en ander werknemers van die Universiteit van Namibië (Unam) het Maandagaand tot 'n einde gekom.
Die verteenwoordigende vakbonde, die Namibiese Nasionale Onderwysersunie (Nantu) en die Namibiese Unie vir Staatsdienswerkers (Napwu), het met die bestuur oor salarisverhogings ooreengekom.
Die sluit in 'n eenmalige betaling gelyk aan 5% van sewe maande se basiese salaris wat op 14 Desember aan die werknemers uitbetaal sal word. Verder sal 'n 6%-salarisverhoging vanaf 1 Januarie 2019 van toepassing wees.
In 'n gesamentlike verklaring is die ooreenkoms vir die huidige boekjaar uiteengesit. Daarin word gesê die werknemers het 'n verhoging vir dié boekjaar laat vaar. Wat betref die ‘geen werk, geen beloning’-reël, word dit volgens die basiese salaris uitgewerk en vanaf Desember toegepas.
Vanaf Desember sal die helfte van die 11 dae waarop die werknemers gestaak het, as verlofdae aangeteken wees. Die res van die dae sal in vyf gelyke, maandelikse gedeeltes afgetrek word by werknemers wat 11 of meer dae gestaak het. Vir diegene wat minder as 11 dae gestaak het, sal die aftrekking in drie gelyke dele gedoen word.
Werknemers was vanaf Dinsdag om 07:30 weer op hul pos. 'n Verteenwoordiger, me. Barbara van der Westhuizen, het namens die werkers die verklaring onderteken, en Unam se woordvoerder, mnr. Edwin Tjiramba, namens die universiteit.
Volgens van der Westhuizen was die staking nodig weens die dooie punt wat in onderhandelinge tussen die vakbonde en die universiteit se bestuur bereik is. Voor die staking het die vakbonde aangedring op 'n 6%-verhoging terwyl die universiteit niks aangebied het nie.
“Dit is jammer dat die staking so lank moes duur, maar die werkers is darem nie met leë hande daar uit nie. Van na niks nie kan ons nou uitsien na 'n verhoging volgende jaar en 'n klein uitbetaling volgende maand,” sê sy.
Wat betref die ongerief en struikelblokke wat Unam-studente gedurende hul eksamens in die stakingsperiode moes verduur en oorkom, sê Van der Westhuizen dit kan beslis nog reggestel word noudat dosente en administreerders weer op kantoor is. Sy sê Unam se bestuur oorweeg uitstel van die aanvullende eksamens om studente meer tyd vir voorbereiding te gee. “Die ongerief is ongelukkig, maar die bestuur doen stappe om die studente nou te akkommodeer.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie