Unam se toekoms onder die loep
Die universiteit moet homself op akademiese verandering voorberei, sê die instelling se visekanselier.
Henriette Lamprecht
'n Taakspan van ses mense gaan, in die lig van die knellende huidige ekonomiese omstandighede, maniere ondersoek waarop die Universiteit van Namibië (Unam) so gesond moontlik kan bly voortbestaan.
Unam se nuwe visekanselier, prof. Kenneth Matengu, het in sy intreerede gesê die universiteit moet voorberei op “administratiewe en akademiese verandering” om die volhoubaarheid van die instelling te verseker.
Hy het voorts gesê sy visie is dat Unam teen 2030 'n volhoubare internasionale kern vir hoër onderrig, navorsing en vernuwing sal wees.
Om dit te verwesenlik, gaan Matengu 'n span van ses mense aanstel om herstrukturering by die universiteit te ondersoek en om planne vir die pad vorentoe te beraam.
Die span sal die ondersoek na verwagting teen die einde van vandeesmaand voltooi.
Matengu het erken die huidige uitdagings is “baie en kompleks”.
Dié uitdagings sluit die opname van gegradueerdes in sommige dissiplines in die arbeidsmag in.
“Dit is tyd dat ons die toepaslikheid, gehalte, standaarde en die koste-effektiwiteit van akademiese programme en administratiewe strukture herevalueer.”
Met verwysing na opleiding vir toekomstige werksgeleenthede het Matengu gesê verskeie besluite sal in die volgende maande geneem word om leerplanne en doelwitte te hersien om dit met Unam se visie en toekomstige ontwikkelingsdoelwitte te laat strook.
“My uiteindelike doelwit is om 'n sterker, meer samehangende universiteit te skep wat gereed is om die komplekse 21ste eeu te takel en die voordele van die vierde nywerheidsrewolusie ten volle te benut.”
Hy het beklemtoon dit is die universiteit se “morele verantwoordelikheid” om die weg te baan, die toekoms te verander en om deurbrake met die hulp van navorsing en onderrig te verseker”.
“Vra jouself af wat jy vir Unam kan doen, eerder as wat Unam vir jou kan doen.”
Matengu het voorts dosente onder skoot gekry wat laat vir klasse opdaag of dit sonder meer kanselleer.
“Dit moet stop. Party mense dink die reses is 'n tyd om te boer of om eiendomme te bestuur. Nee, dit is jou tyd vir navorsing, jou enigste vakansie is in Desember.”
In die lig hiervan het hy gesê 'n prestasiebestuurstelsel sal voortaan gebruik word om personeel se doelwitte in ooreenstemming met dié van die universiteit te bring.
“Elke maand sal elke individuele bestuurder verslag doen oor vordering met die verwesenliking van doelwitte wat gestel is.
“Dit is 'n manier van bestuur deur resultate en nie bestuur deur aktiwiteite nie. Dit is waarom ons 'n oudit van vaardighede gaan doen om te verseker elkeen is in 'n pos wat hulle die beste pas.”
Volgens Matengu gaan hy ook in die komende maande onderskeie kiesafdelings besoek om sy visie vir die universiteit te deel en gesprekke oor die toekoms te voer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie