Unam: Minimumdeposito nou 20%
Die Universiteit van Namibië (Unam) het die minimumdeposito vir klasgelde vir Namibiese studente tot 20% verminder. Dit sluit dié studente in wat uitstaande gelde vir verlede jaar het. Die oorblywende 30% is betaalbaar voor die normale eksamens in Mei afskop.
Volgens Unam moet dié met uitstaande gelde vir 2017 hul skuld sowel as die oorblywende 30% van vanjaar se klasgelde vereffen, vóór eksamens in Mei begin.
Buitelandse studente (SADC en nie-SADC) se minimumdeposito’s is tot onderskeidelik 50% en 60% verminder. Die verpligte registrasiefooi vir 2018 van N$2 000 moet steeds deur alle studente betaal word.
Die oorblywende klasgelde vir 2018 vir alle Namibiese en SADC-studente moet in die tweede semester soos volg vereffen word:
20% van die uitstaande klasgelde met die aanvang van die tweede semeste, 30% voor die eksamens in Oktober.
Nie-SADC studente: 20% van die uitstaande klasgelde met die aanvang van die tweede semester, 20% voor die eksamens in Oktober.
Alle behoeftige Namibiese studente wat nie die vereiste deposito kan betaal nie, kan met die kantoor van die studentedekaan in verbinding tree.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie