Unam draai krane oop teen Falcon
Unam draai krane oop teen Falcon

Unam draai krane oop teen Falcon

Die wenspan se afrigter, Johan Diergaardt, sê dit was 'n waardevolle oefenlopie vir komende Saterdag se semifinaal.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - 'n Voorspelbare wegholoorwinning vir FNB Universiteit van Namibië het hul eindposisie aan die toppunt van die puntelys van die Namibië Rugby-unie (NRU) se premierliga verseker.

Die ope geheim van die samestelling vir komende naweek se lank verwagte semifinale is hiermee ook bevestig, naamlik dat Unam teen die vierde geplaaste Rehoboth-rugbyklub sal speel, terwyl die spanne in die tweede en derde posisie, FNB Wanderers en Trustco United, dit sal uitspook om die ander finalis te wees.

Die studentespan het Saterdag die sukkelende Reho Falcon, wat hom aan die onderpunt van die sewe klubs bevind, op Rehoboth met 96-20 afgeransel in die finale wedstryd van die ligaseisoen.

Vreemd genoeg het bestuurslede van die verloorspan agterna aangevoer dat die ware eindtelling 108-20 was, maar op Unam se puntelys word aangedui dat die besoekers 14 drieë gedruk en 13 verdoel het.

Die heelagter Lorenzo Louis was die groot puntemasjien met 12 doelskoppe en twee drieë, wat sy oes vir die dag op 34 punte te staan bring.

Die vleuels Shareave Titus en Romario van Wyk, asook die haker Bigman Kaura, het elkeen twee drieë gedruk, terwyl Unam se ander driedrukkers die senterpaar Camlo Martin en Johannes Mwenyo, skrumskakel Sunday Haitembu (ook een doelskop), slot Simon Haitembu en die plaasvervangers Mbapewa Kauuova en Kami Mieze was.

Aan die kant van Reho Falcon is 'n strafdrie toegeken, terwyl skrumskakel Genivo Brendell ook 'n drie gedruk het. Losskakel Franklin Busch het met 'n doelskop en twee strafdoele geslaag.

“Daar was baie goeie rugby gespeel, al was die telling so hoog. Ons is bly ons kon die rugbyjaar klaarmaak. Sterkte vir die spanne in die semifinaal,” sê Deon Mouton, spanbestuurder van Reho Falcon.

Die swart truie van Reho Falcon het 'n trotse geskiedenis as 'n span wat tot uitstekende rugby in staat is, maar die afgelope seisoen is deur 'n gebrek aan ervare spelers gekenmerk en die klub moes gereeld sy eerste en tweede spanne, of soms albei, onttrek.

'n Betekenisvolle belegging van geld en ander hulpbronne sal nodig wees om Reho Falcon (die land se kampioenklub in 2007 en 2011) terug op 'n gesonde pad te plaas.



'BAIE TROTS OP HULLE'

Unam se afrigter, Johan Diergaardt, sê: “Ek dink dit was ten spyte van die wegholtelling die moeite werd om die wedstryde (met eerste en tweede span) te gaan speel.

“Ons kon 'n paar opsies toets en dit was goeie voorbereiding vir komende naweek se semifinaal. Om 'n wedstryd te speel, is altyd beter voorbereiding as om net te oefen.

“Dan is dit natuurlik weer lekker om boaan die liga te eindig. Ek dink ons spelers het hard gewerk hiervoor en het deur die seisoen baie ontwikkel.

“Met sowat twaalf Unam-spelers gereeld onbeskikbaar weens nasionale verpligtinge, moes die jonger manne opstaan en hard werk. Ek is baie trots op hulle.”

Die premierliga se finale stand ná 14 wedstryde elk: Unam 54, Wanderers 51, United 45, Rehoboth 31, Suburbs 28, Kudus 24, Falcon 1.

Diergaardt se Unam-span is verlede jaar in 'n klipharde semifinaal deur United uitgeskakel, voordat Wanderers die finaal met 30-22 beklink het.

Die vorige drie jare (2015-2017) het Unam 'n opeenvolgende string titels, die eerstes in sy bestaan, beklink.

• In die reserweliga het Unam se tweede span ook Saterdag goed afgesluit deur Reho Falcon met 75-17 deurmekaar te hardloop.

Nogtans eindig Wanderers II boaan die puntelys van die reserweliga en kom dus in sy halfeindstryd teen Western Suburbs se tweede span te staan. Unam II teen Rehoboth II is dus 'n voorgereg vir die premierliga-semifinaal tussen dié twee klubs.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.99 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.86/OZ UP +0.83% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 445.40/T DOWN -0.45% | Brent Crude Oil US$ 87.07/BBP UP +0.79% | Platinum US$ 896.85/OZ UP +0.22% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.99 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.86/OZ UP +0.83% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 445.40/T DOWN -0.45% | Brent Crude Oil US$ 87.07/BBP UP +0.79% | Platinum US$ 896.85/OZ UP +0.22%