Unam: Aanlyn registrasie staan stil
Die aanvang van aanlyn registrasie van senior studente verbonde aan die Universiteit van Namibië (Unam) is tot Dinsdag 23 Januarie uitgestel. Registrasie van eerstejaarstudente gaan egter van 22 tot 26 Januarie soos normaal voort.
Studente wat nog wil aansoek doen, kan dit van vandag af tot Vrydag aanlyn doen.
Aanlyn aansoeke is gratis, terwyl ’n laat registrasiefooi van N$300 geld vir aansoeke wat per hand ingedien word.
Studente wat deur die Nasionale Hulpfonds vir Studente (NSFAF) gefinansier word, kan sonder enige voorafbetaling vir die huidige akademiese jaar registreer.
Voornemende studente in besit van ’n erkenningsbrief van die NSFAF moet die verpligte minimumregistrasiefooi van N$2 000, bykomend tot ’n 50 % deposito vir klasgelde betaal. Die erkenningsbrief is egter nie ’n waarborg dat finansiering wél aan die student toegestaan is nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie