Uitvoer van skape nie van baan

TradePort was amper twee jaar gelede in die nuus weens die uitvoer van mangaan vanaf Suid-Afrika via Lüderitz sonder die nodige dokumentasie.
Frank Steffen
Frank Steffen – Twee jaar gelede het die maatskappy TradePort gepoog om mangaan uit te voer sonder 'n omgewings­impakstudie of 'n uitklaringsertifikaat.

Die maatskappy het nou 'n uitklaringsertifikaat vir die uitvoer van skape na Asië en die Midde-Ooste aangevra.

In die nou gepubliseerde omgewingsbeoordelings- en bestuursplan het die projekleier mnr. Shadraq Tjiramba saam met sy kollegas mnre. Vilho Mtuleni en Titus Shuuya – van Enviro-Leap Consulting – toestemming vir die invoer, vervoer en uitvoer versoek.

“Die onderneming beplan die invoer van lewende skape van Suid-Afrika per vragmotor na Keetmanshoop. Die diere sal hier vir 21 dae in kwarantyn geplaas word. Daarna sal hulle tydelik in 'n kraal by Aus staan voordat hulle verder na Lüderitz vervoer sal word.”

Vir dié doel sal TradePort krale en voerbanke op Keetmanshoop, Aus en Lüderitz bou.

Die nuutste aansoek blyk 'n afskrif van die aansoek vir die mangaanuitvoer te wees, want op die dokument staan: “Aan die ander kant word daar in die Noord-Kaap talle hoeveelhede minerale ontgin, wat tot 'n oorlading (van die spoornetwerk) in Suid-Afrika lei. Onder die omstandighede bied die benutting van die Namibiese hawe 'n alternatiewe weg vir die uitvoer van verskeie minerale vanuit Suid-Afrika.”

Eers onder die projekbeskrywing word die skape die fokus van die uitvoeraansoek.

“Volgens TradePort kan Namibiese boere ook by die belegging baat. Hulle het met banke onderhandel wat lenings aan die boere sou toestaan. So word valse hoop geskep, want dit gaan uitsluitlik oor Suid-Afrikaanse kleinvee,” het me. Heather Craemer, bestuurder van die Namibia Animal Welfare Association (Nawa), gesê.

Dié liefdadigheidsorganisasie se hoof­doelwit is om dierewelsyn 'n prioriteit in Namibië te maak.

Craemer en ander belanghebbendes sê Enviro-Leap Consulting het slegs kommentaar van geregistreerde belanghebbendes aangevra wat nie besware aangeteken het nie.

“Daar was 3 532 besware, onder meer ook van Nawa, maar ons is nooit na 'n openbare konsultasiegesprek genooi nie, hoewel ons as betrokkenes geregistreer was. Intussen wil dit voorkom ons is van die lys geskrap.”

Slegs advertensies wat in die staatskoerant New Era (maksimum 7 000 uitgawes) en die weekblad Confidénte gepubliseer is, is by die aansoek aangeheg.

'n Jaar gelede het Nawa 'n petisie teen die uitvoer van lewende hawe van stapel gestuur. Die aanvanklike 6 700 handtekeninge het intussen tot 31 000 gegroei.

Wêreldwyd is daar verset teen die ver­skeping van diere, aangesien die diere onder onwaardige omstandighede aangehou en vervoer word.

Dr. Chris Brown, direkteur van die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE), het die projek veroordeel. Die gepaardgaande lyding van die diere en wesentlike risiko's kan nooit oorkom word nie. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!