Uitvoer van hout verbode
Uitvoer van hout verbode

Uitvoer van hout verbode

Die uitvoer van enige onverwerkte of halfverwerkte Namibiese hout is onwettig.
Augetto Graig
Augetto Graig



Die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het Donderdag die parlement verseker die regering laat geen uitvoer van onverwerkte of halfverwerkte hout uit Namibië toe nie.

Alle permitte om onverwerkte of halfverwerkte hout uit te voer, is reeds op 26 November 2018 opgeskort, sê hy, en op 16 Julie 2020 het sy ministerie in 'n verklaring selfs die uitvoer gestaak van hout wat voor die inperking gekap is.

“Dit is nie wettig toelaatbaar om onverwerkte óf halfverwerkte hout vanaf Namibië uit te voer nie. Dit is onwettig en wie ook al dit doen, pleeg 'n misdaad,” het die minister gesê.



POLISIëRING

Shifeta sê teenstroperyeenhede in sy ministerie werk saam met wetstoepassers om meer inspeksies, patrollering en kontrolepunte by bronpersele en langs vervoer­roetes te beman, ten spyte van ­beperkte mannekrag.

Selfs in terme van vervaardigde planke word net planke dunner as 5 sentimeter vir uitvoer toegelaat, sê Shifeta.

“Baie van ons vervaardigers sê dié wetsvereiste strook nie met hul kliënte se produkspesifikasies nie en min het vir uitvoerpermitte aansoek gedoen. Sedert Julie 2020 het ons slegs agt vraghouers vol verwerkte planke, klaar produkte, laat uitvoer,” sê die minister.

Volgens hom groei belangstelling in die plaaslike verwerking van inheemse hout en vier fabrieke is op Rundu gevestig, met nog 'n kleiner aanleg naby Nkurenkuru.

Hy sê meer klein en gemiddelde grootte besighede raak ook betrokke by meubelvervaardiging en ander houtverwerking op Tsumeb, Ondangwa, Keetmanshoop en Leonardville.

Die minister het uitgewys Namibië streef om 'n logistieke middelpunt vir die suidelike subkontinent te word en dus word hout vanaf veral die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK), Zambië en Angola deur Walvisbaai se hawe uitgevoer. Hiervoor moet bosbouamptenare veral op Katima Mulilo en Katwitwi se grensposte permitte uitreik, brei Shifeta uit.

Tussen Julie 2020 en Februarie 2021 is meer as 300 vragmotors met permitte toegelaat om verder te reis, sê hy.

Spesifiek is in hierdie tydperk 947 permitte uitgereik vir vragte vanaf Zambië, 47 vir vragmotors vanaf die DRK en twee vir vragte houtstompe uit Angola, sê hy.

In die tydperk is ook 1 397 vraghouers vol hout via Walvisbaai uitgevoer – 40 vanaf Angola, 47 vanaf die DRK en 1 301 vanaf Zambië, het Shifeta die parlement ingelig. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!