Uitstalling maak Phoenix-projek ’n werklikheid
’n Fotografie-uitstalling vier die transformerende werk van die Cardiff Universiteit in Namibië.
Baanbrekerswerk wat gedoen is om gesondheid te verbeter en armoede in Namibië te verminder, sal tydens hierdie uitstalling beklemtoon word.
Die Phoenix-projek, ’n vennootskap tussen Cardiff Universiteit in Wallis en die Universiteit van Namibië (Unam) het sedert sy bekendstelling in 2014 ’n beduidende impak op die land gehad.
Die uitstalling by die Nasionale Kunsgallery van Namibië (NAGN) is reeds aan die gang en sal tot 18 Februarie 2018 te sien wees.
Die uitstalling is spesifiek vir Namibië saamgestel en volg op die Phoenix-projek se fotografie-uitstalling tydens die nasionale vergadering in Wallis vroeër vanjaar in Cardiff. Een van die sleuteltemas is die krag van die jeug van Namibië in wetenskap, gesondheid en nasionale ontwikkeling.
Gesondheid is baie prominent te sien in die uitstalling en sluit onder meer hartgesondheid, verdowing, kritieke sorg en noodhulp vir traumasorg in.
In samewerking met Unam is dit moontlik vir Phoenix om ’n daadwerklike impak te maak. “Ek is baie opgewonde om deur die uitstalling aan mense ’n voorsmaak te gee van dít wat die projek so besonders maak,” sê Judith Hall, projekleier.
“Een van die oorhoofse temas in die uitstalling is die krag van die jeug - ons kan, ons het en ons sal voortgaan om hierdie krag te ontgin. Die jeug se energie tesame met bereidwilligheid en ondernemingsgees gaan die omstandighede vir Namibiërs beter maak,” sê sy.
Verder beklemtoon sy ook dít wat Phoenix reeds in hierdie kort tydperk vermag het en hoop om verder te bereik.
Ndeenda Shivute, koördineerder by die NAGN, sê die Nasionale Kunsgallery is baie opgewonde om dié uitstalling ten toon te stel. “Nie net is dit ’n middel om die goeie werk van die projek in Namibië te wys nie, maar is ’n goeie leerskool vir besoekers aan NAGN. Dit is ’n ongelooflike vertoonvenster vir samewerking tussen kunste en wetenskap en ons hoop hierdie kan die begin van nog baie venootskappe wees.”
Prof. Colin Riordan, visiekanselier van die Cardiff Universiteit, het in Maart vanjaar aangekondig dat die universiteit vir ’n verdere vyf jaar tot ten minste 2022 die Phoenix-projek sal ondersteun.
Die werk van die projek skakel direk met die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte, insluitend armoede, gesondheid en opvoeding.
Die Phoenix-projek is reeds by meer as 30 groot aktiwiteite betrokke, wat onder meer die ondersteuning van plaaslike tale, die verbetering van dokters, verpleegsters en vroedvroue se vaardighede, die red van lewens ná padongelukke en die ondersteuning van e-onderrig insluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie