Uitspraak voorbehou in parlementêre stryd

Komitee oor voorregte stel eie ondersoek in

27 April 2021 | Regering
Augetto Graig



Regter Kobus Miller moet die belange van verdeling van magte binne die regering teenoor burgers se regte tot verteenwoordiging en insette tot Namibië se wetskeppende proses versigtig oorweeg wanneer hy op 6 Mei uitspraak lewer.

Die Landless People's Movement (LPM) se leiers en parlementslede, mnre. Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb, het 'n dringende aansoek voor hom ingedien teen die Speaker, prof. Peter Katjavivi, se bevel om hulle uit die Nasionale Vergadering (NV) te skop.

Miller het gedurende voorleggings deur albei partye se regsverteenwoordigers gevra of die parlement nie eerder die kwessie moet hanteer nie, aangesien dit ontstaan het uit beweerder wangedrag van parlementslede gedurende 'n sitting.

Katjavivi se bevel is op 19 April toegepas nadat hy op 15 April die sitting moes opskort weens ontwrigting ­gedurende die vraag-en-antwoord-sessie ná president Hage Geingob se staatsrede.

“Die reëlskomitee kan die besluit van die Speaker ter syde stel,” noem Miller en, “behoort ek dit ter syde te stel, of moet dit eers deur die betrokke staande komitee oorweeg word?”



INTERNE SAKE

Katjavivi se regsverteenwoordiger, mnr. Sisa Namandje, het daarmee saamgestem en aangedring die parle­ment is in staat om sy eie interne sake af te handel.

Hy het daarop aangedring dat die aansoek van die hand gewys word.

Advokaat Gerson Narib wat namens die LPM-leierskap optree, het gesê die hof moet tussenbeide tree as Katjavivi se bevel onwettig bewys word. Dit is omdat die onreg teenoor stemgeregtigdes deur die uitsluiting van hul verteenwoordigers uit die parlement elke dag vererger.

Hy sê Katjavivi se besluit was onwettig, omdat dit nie deur die reëls van die parlement ondersteun word nie.

“Die Speaker het buite die omvang van sy magte opgetree. Sy optrede is onwettig en U Edelagbare moet dit ter syde stel,” het hy gesê.

Narib dring aan op 'n tussentydse hofbevel om sy kliënte onmiddellik toegang tot die parlementsgebou te gee, 'n finale bevel om Katjavivi se opdrag ter syde te stel, en dat die respondente die regskoste moet dek.

Die parlementêre komitee oor reëls en bevele het Katjavivi se bevel gehandhaaf en die kwessie na die komitee oor voorregte verwys.

Volgens mnr. David ­Nahogandja, die NV se woordvoerder, het die komitee oor ­voorregte gister 'n sitting gehad. Hy sê hulle het in ooreenstemming met die Wet op Magte, Voorregte en Immuniteit van die parlement, nommer 17 van 1996, besluit om hul eie ondersoek oor die kwessie van stapel te stuur.

Die komitee sit weer môre om die tydsberaming en modaliteite vas te stel, sê hy.- [email protected]

Soortgelyk

 

Pastoor verkrag glo tienerseuns

8 ure gelede | Howe

Augetto Graig – 'n Pastoor wat tereg staan op vier klagte van verkragting van vier minderjarige seuns, is op borgtog vrygelaat.Die seuns is almal onder...

Eerste nag in selle vir Boulter

8 ure gelede | Howe

Ester Kamati op Outjo – Die invloedryke Britse miljardêr mnr. Harvey Eric Boulter (51) se aansoek om borgtog is gister in die landdroshof op Outjo...

Weer vir 12 Mei 2021

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Dit sal aanvanklik koud wees in die binneland, maar andersins sal dit sonnig en warm tot baie warm wees. In die Noorde sal dit...

Vermeende beesdiewe loop hul rieme styf

8 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer – Drie mans is op Otjinene in aanhouding nadat hulle na bewering Sondag naby Summerdown die slot van 'n plaashek geknip en helder...

'Glyjakkalse' loop hul rieme styf

8 ure gelede | Howe

Twee jong mense wat glo by ver­skeie oornagplekke in die noorde van die land bedrog gepleeg het, is Vrydag in hegtenis geneem. Mnr. Francois Strydom...

Mobiele Covid-toetseenheid by padblokkade

8 ure gelede | Gesondheid

Die eerste mobiele Covid-19-toetsgeriewe vir toeriste is by die Okahandja-padblokkade op die B1-hoofpad geopen. Die mobiele eenheid is 'n inisiatief deur die Toer- en Safarivereniging...

Otji-5-verhoor: Weduwee wil vergoeding eis

8 ure gelede | Howe

Marc Springer – Die weduwee van 'n Zimbabwiese burger wat twee jaar gelede op Otjiwarongo vermoor is, het die eerste wetlike hekkie oorkom in haar...

Tweejarige peuters verdrink in puttoilet

8 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het twee kinders, beide twee jaar oud, Saterdag in 'n puttoilet verdrink. Die ongeluk het omstreeks 14:00 in die...

Transgender aanrandingsaak teen polisielid begin

8 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Die verhoor waarin 'n transgender Namibiër 'n klag van aanranding teen 'n polisiebeampte aanhangig gemaak het, het Maandag in die hoërhof in...