Uitspraak in Valombola-saak kom
Uitspraak in Valombola-saak kom

Uitspraak in Valombola-saak kom

'n Kommissaris van vlugtelinge het aan die begin van sy verhoor in 'n pleitverduideliking ontken dat hy met opset die oorledene geskiet het.
Sanet de Waal
Marc Springer – Mnr. Likius Valombola (56), die kommissaris van vlugtelinge in die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit sal op 8 Oktober sy lot in die hoërhof in Windhoek aanhoor.

Dit volg ná 'n skietvoorval drie jaar gelede in Okuryangava wat Valombola beweer 'n ongeluk was.

Twee skote is op 18 Mei 2018 uit Valombola se geweer geskiet en het na bewering 'n omstander, die 25-jarige student Helao Ndjaba, getref. Hy is tien dae later in die hospitaal dood.

Die staatsaanklaer, me. Ethel Ndlovu, het verlede Dinsdag in haar slotbetoë gesê Valombola het met opset opgetree toe hy sy geweer op Ndjaba gerig en hom twee keer in sy voorkop geskiet het.

Valombola het aan die begin van sy verhoor in 'n pleitverduideliking ontken dat hy met opset die oorledene geskiet het.

Hy beweer dat Ndjaba per ongeluk getref is toe hy twee waarskuwing­skote in die lug gevuur het om 'n "gewelddadige en aggressiewe" skare op te breek wat besig was om die stilstaande motor, waarin hy 'n passasier was, aanhoudend te slaan.



VALOMBOLA SE WEERGAWE

Volgens sy weergawe het hy die aand van die voorval saam met sy vrou en seun gery toe hulle 'n voertuig teëgekom het wat met meganiese probleme in die straat gestaan en hul pad versper het.

Volgens hom het sy seun uit die motor geklim en 'n groep jong mans wat daar naby gestaan het, genader om die motor se bestuurder op te spoor.

Die omstanders het hulle “begin spot en vuil taal gebruik” en na hul motor beweeg en “gewelddadig daar­aan begin slaan”.

Valombola het glo aan die passasierskant van die motor gesit en die waarskuwingskote geskiet in 'n poging om die oproerige skare af te skrik en sy seun in staat te stel om weg te ry.

Valombola dring daarop aan hy het die tweede waarskuwingskoot sowat tien sekondes ná die eerste een afgevuur terwyl hy die loop van sy geweer teen 'n hoek van ongeveer 45 grade in die lug gerig het.

Hy het glo nie besef iemand is getref voordat sy seun van die toneel weggery het nie.



'HOOGS ONWAARSKYNLIK'

Ndlovu het gesê Valombola se weergawe van gebeure “is hoogs onwaarskynlik” en dat dit onmoontlik sou gewees het om Ndjaba in die voorkop te skiet as die vuurwapen boontoe gerig was.

Ndlovu het daarop gewys die twee koeëls het die oorledene baie naby mekaar getref. Dit is dus, volgens haar, onmoontlik dat die beskuldigde die skote tien sekondes uitmekaar geskiet het.

“Die oorledene sou op die grond geval het nadat hy die eerste keer getref is, wat dit onmoontlik sou maak vir die tweede koeël om ook sy voorkop te tref,” het sy gesê.

Sy het verder benadruk daar was geen voorwerpe op die toneel wat die koeëls kon deflekteer sodat die oorledene deur 'n opslagkoeël getref kon het nie.

Ndlovu het na die nadoodse ondersoek verwys wat bewys die koeëls het die oorledene uit 'n horisontale hoek getref en daarop dui daar is reguit op hom geskiet. Dit blyk dat die beskuldigde sy vuurwapen direk op Ndjaba gerig het met die doel om hom dood te skiet.

Getuienisverslae van die voorval wys daarop Valombola het uit die motor geklim en mense “op 'n aggressiewe manier” beveel om weg te beweeg.

Ndlovu beweer Valombola was ontsteld en “deur woede gedryf” toe hy die twee skote op die oorledene afgevuur het.

Sy het verder die moontlikheid uitgesluit dat Valombola in selfverdediging opgetree het en benadruk die skare het geen gevaar vir hom ingehou nie en die motor reeds begin beweeg het toe hy die skote afgevuur het.

Daar was, volgens Ndlovu, geen rede vir hom om die vermeende aanvallers af te skrik of weg te jaag nie.

VERDEDIGING SE ARGUMENT

Valombola se advokaat, mnr. Sisa Namandje, het aangevoer die staat het geen bewys gelewer dat die koeëls wat die oorledene getref het, deur die beskuldigde afgevuur is nie.

Volgens hom beweer die staatsgetuie, me. Stephanie Svetlana, sy het Valombola gesien waar hy sy geweer direk op die oorledene gerig het en twee skote afgevuur het.

Die getuie was, volgens Namandje “heeltemal onbetroubaar”, want sy het glo haar getuienis 'n paar keer verander en weerspreek wat ander getuies gesê het.

Namandje het gesê omdat daar geen forensiese bewyse is wat Valombola se vuurwapen met die koeëls in die oorledene se skedel verbind nie, is daar ook geen bewys dat die twee skote deur hom afgevuur is en dat hy die oorledene se dood veroorsaak het nie.

As sodanig is dit 'n teoretiese moont­likheid dat iemand anders op die toneel die skote afgevuur het en dit tot Ndjaba se dood gelei het.

Valombola bly vry op borgtog van N$15 000 tot regter Claudia Claasen haar uitspraak op 8 Oktober lewer. 

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.07/OZ UP +0.97% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0008 | Zinc US$ 2 446.40/T DOWN -0.41% | Brent Crude Oil US$ 86.78/BBP UP +0.45% | Platinum US$ 898.23/OZ UP +0.37% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.07/OZ UP +0.97% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0008 | Zinc US$ 2 446.40/T DOWN -0.41% | Brent Crude Oil US$ 86.78/BBP UP +0.45% | Platinum US$ 898.23/OZ UP +0.37%