Uitslae beter, maar steeds kommerwekkend

Minister: verhoog slaagpunt

21 December 2016 | Onderwys
Henriette Lamprecht - “Ons sal daaroor moet dink of ons wil deurgaan as gemiddeld of ondergemiddeld. Is ons gelukkig met 'n minimum slaagvereiste van 23 punte en 'n F-simbool vir Engels Eerste of Tweede Taal?”.

Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, het tydens die bekendmaking van vanjaar se graad 10 (JSC) en graad 12 hoërvlak-uitslae beklemtoon die meerderheid Namibiese leerlinge kan met ondersteuning aan beter slaagvereistes voldoen.

“Vir 16 jaar al aanvaar ons dié slaagpunt. Toe ek gevra het ons moet dit na 27 opstoot, het almal paniekerig geraak, maar ons sal hieroor moet dink. Ek is vol vertroue ons kan beter doen.”

Met verwysing na 'n F-simbool vir Engels wou Hanse-Himarwa weet “watter tipe Engels is dít?”

Volgens die minister is die verhoging van slaagsyfers 'n “baie sensitiewe en omstrede aangeleentheid”, maar is dit iets wat sterk oorweeg moet word.

“Ons is in die proses om dit te bespreek en daar is baie wat voor 'n finale besluit ondersoek moet word.”

Sy het egter gemaan dat daar wél 'n aanpassing van slaageise gaan wees. “Voor my termyn verby is, gaan daar 'n verandering wees.”

Vanjaar het 38 240 voltydse graad 10-kandidate die Junior Sekondêre Sertifikaat- (JSC) eksamen afgelê. 'n Totaal van 55,7% van dié kandidate (21 291) het geslaag, teenoor die 54,3% van verlede jaar.

Volgens Hanse-Himarwa het die persentasie leerlinge wat vir ­toelating kwalifiseer sedert 1993 geleidelik van 37,2% tot vanjaar se 55,7% gestyg.

Vanjaar se graad 10-uitslae toon 'n toename in A- tot E-simbole, met 'n afname in F- en G-simbole.

“Dit is 'n duidelike aanduiding die 2016-uitslae is baie beter,” het die minister gesê.

Vanjaar se uitslae het ook 'n afname in die aantal ongegradeerde vakin­skrywings getoon met 2,4% teenoor 2015 se 2,9%.

Hanse-Himarwa het haar kommer uitgespreek oor die relatief hoë persentasie ongegradeerde kandidate in veral rekeningkunde (20,8%), hoewel dit 'n afname teenoor verlede jaar se 25,2% toon.

Ses uit die 55 gesig- en gehoorgestremde kandidate het vanjaar daarin geslaag om 19 punte en meer vir toelating tot graad 11 te behaal. Dié kandidate se slaagsyfers is verlede jaar van 23 na 19 punte verlaag.

Die minister het kandidate wat onsuksesvol was, aangemoedig om by deeltydse sentrums soos Namcol aan te klop of vir beroepsopleiding in te skryf.

Sowat 2 430 kandidate wat jonger as 17 jaar is, sal toegelaat word om graad 10 te herhaal. Verlede jaar is 3 432 leerlinge toegelaat om hul graad te herhaal, met 65,7% wat suksesvol was.

Deeltydse graad 10-kandidate het ook beter simbole behaal en ongegradeerde vakinskrywings het van 10,4% tot 6,8% gedaal. Ook hier laat rekeningkunde die rooi ligte flikker met 51,4% van kandidate wat nie 'n simbool kon behaal nie.



Graad 12 hoërvlak

Meer kandidate het vanjaar grade 2, 3 en 4 behaal, met die aantal gegradeerde vakinskrywings wat van 95,3% tot 95,5% gestyg het.

Die uitslae toon ook 'n verbetering van 0,9% vir graad 3, 'n aanduiding dat meer kandidate kan kwalifiseer vir studies aan tersiêre instellings.

Uitslae toon swakker prestasies in onder meer Engels Tweede Taal, sowel as Afrikaans Eerste en ­

Tweede Taal.

Volgens die minister is dit duidelik dat in vakke soos rekeningkunde en Afrika-tale, waar 'n tekort aan gekwalifiseerde en toegewyde onderwysers ervaar word, uitslae swak vertoon.

Soortgelyk

 

Geingob nooi Britse ondernemings na Namibië

2 ure gelede | Regering

Pres. Hage Geingob het gister (Donderdag) saam met 45 ander staatshoofde die amptelike opening van die Statebondsberaad as gas van koningin Elizabeth by Buckingham Paleis...

Hoop in 'n bondeltjie liefde

9 ure gelede | Omgewing

Hope, die bobbejaan wat in 2016 in die nuus was nadat sy in Windhoek erg mishandel is, het ma geword. Ná sy gered is, het...

Raad ondersoek psigiater

9 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht Die Raad vir Gesondheidsbe­roepe in Namibië (HPCNA) ondersoek verskeie klagtes van onprofessionele gedrag teen 'n psigiater aan die kus.Die psigiater word onder meer...

Hanse-Himarwa gister in hoërhof

9 ure gelede | Howe

Denver Kisting Me. Katrina Hanse-Himarwa, die minister van onderwys, kuns en kultuur, het gisteroggend vlugtig in die Windhoek-hoërhof op aanklag van korrupsie verskyn.Tydens die verskyning...

Okanatje vir Hope

9 ure gelede | Omgewing

Tanja Bause – Hope, die bobbejaan wat in Julie 2016 beseer en mishandel in Windhoek gevind is, het volkome herstel en is vandag ’n trotse...

Groot kommer oor nooddienste in Erongo

9 ure gelede | Regering

Des Erasmus - Ernstige kommer bestaan oor die beskikbaarheid en gehalte van munisipale nooddienste in die Erongo-binneland ná ‘n geknelde vrou se ure van ontbering...

Weer, Vrydag 20 April 2018

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en warm, maar baie warm in die Noorde.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig met miskolle in die oggend.GETYE BY WALVISBAAI: H 06:10...

Kalender 20 April

9 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Teater van Namibië (NTN) bied verskeie poppekaskonserte aan. The Dilemma of Manie Ant is vanaand en môre op...

Bewoners van rivierbedding verskuif

9 ure gelede |

Maria EisebDie Windhoekse munisipaliteit gaan inwoners van die informele nedersetting waar 'n ma en haar seuntjie hul lewens as gevolg van 'n kitsvloed verloor het,...