Uitreikprogram skop in Suide af

03 February 2020 | Gesondheid
Danksy die Kankervereniging van Namibië (CAN) se uitreikprogram sal meer as 'n duisend Namibiërs vanjaar gratis vir kanker getoets kan word.

Dít te danke aan die Slice of Life, Raffle of Hope-projek, wat ook deur Gondwana Collection ondersteun is.

Afgesien van die bevestigde 1 027 Namibiërs wat gratis gehelp kan word, sal van die geld wat deur verlede jaar se Bank Windhoek Kankerappelprojek ingesamel is ook aangewend word om 'n verdere 2 000 Namibiërs vanjaar vir kanker te toets.

Die Nasionale Kankeruitreikprogram, wat in Augustus 2018 van stapel gestuur is, en CAN se mediese sentrums in Windhoek, Swakopmund en Rehoboth het sowat 45 000 Namibiërs sedert Januarie 2016 getoets.

“Ons was bevoorreg om die beste pryse vir verbruiksgoedere en laboratoriumdiens­te te kon beding, wat beteken ons kan Namibiërs vir so min as N$100 per persoon op CAN se onkoste toets,” sê mnr. Rolf Hansen, die vereniging se uitvoerende hoof.

Indien CAN nie in staat is om volle komplementêre dienste te lewer nie, word 'n fooi van N$70 gehef, terwyl die res van die koste deur die vereniging gedra word.

Uitreikdienste sluit in gemeenskapsonderrig, servikale toetse, borsondersoeke en toetse vir prostaatkanker.

Kontak sr. Aina Nghitongo en sr. Martha Angolo by 081 127 7740 vir meer inligting.

Soortgelyk

 

Nuwe Psemas-kontrak (weer) uitgestel

6 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Die staat se mediese fonds (Psemas) se nuwe kontrak met gesondheidsdiensverskaffers wat reeds sedert 2017 sloer, is weer uitgestel, die keer tot...

Beeste uit Botswana vul tekort aan

6 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle Rademeyer - Sowat vier maande nadat Botswana sy grens vir die uitvoer van lewende slagbeeste na Namibië oopgestel het, kon Meatco op Dinsdag 18...

Boer skiet glo 'mieliedief'

6 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - 'n Boer van Tsumeb het Maandag op ‘n klag van poging tot moord in die landdroshof verskyn nadat hy glo ‘n vermeende...

Weer, Woensdag 26 Februarie 2020

6 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolkte en baie warm weer sal in die Kunene-Wesstreek heers. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees met geïsoleerde,...

Samherji-werkers afgelê

6 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw – Sowat 210 werknemers van die vaartuie MV Saga en MV Geysir gaan aanstaande maand afgelê word. Die werknemers is vroeër vandeesmaand gestrand...

Posisioneer jouself betyds vir groter wins

6 ure gelede | Landbou

Christo du Plessis, Dierevoedingskundige: Feedmaster – In hierdie artikel kyk ons na die sleutelkwessies in rooivleisproduksie wat wins dryf, en hoe fosforaanvulling produsente se winsgewendheid...

N$14 miljoen vir kragprojek bewillig

6 ure gelede | Regering

Yandi du Plessis - ’n Sooispitseremonie vir die voorsiening van krag aan die Otjomuise- en Havana informele nedersettings het Vrydag in Otjomuise in die hoofstad...

Houthandel: Bewerings van vuilspel

6 ure gelede | Omgewing

Catherine Sasman – Die ministerie van landbou, water en bosbou het onlangs erken gevalle van onwettige houtoeste het wel plaasgevind sedert ’n moratorium op oeste...

Lesersfoto's 26 Februarie 2020

6 ure gelede | Lesersfoto's

Lesersfoto's 26 Februarie 2020