Uitgelekte vraestel glo op WhatsApp versprei

23 November 2021 | Howe
Tuyeimo Haidula op Oshakati

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur ondersoek ’n voorval by die Elite Tutorial College waar twee leerlinge in hegtenis geneem is nadat hulle glo ’n uitgelekte eksamenvraestel in die sosiale media versprei het.

Die leerlinge word daarvan beskuldig dat hulle ’n eksamenvraestel vir Engels gewone vlak op ’n WhatsApp-groep versprei het. Verskeie graad 12-leerlinge is na bewering deel van dié groep.

Hulle het verlede Vrydag in die landdroshof op Oshakati verskyn en bly in aanhouding.

Die Namibiese polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Oshanastreek, adj.komm. Hilja Haipumbu, het die voorval bevestig en sê die leerlinge het kort nadat die vraestel en antwoorde op die groep gestuur is, hul onderwysers daarvan in kennis gestel.

GLO NOG DRIE VERDAGTES

Volgens Haipumbu sal die ondersoek belemmer word indien die leerlinge se name openbaar gemaak word.

“Nog drie verdagtes met betrekking tot die oortreding moet nog in hegtenis geneem word.”

Die direkteur van onderwys in dié streek, me. Hileni Amukana, het gesê die ministerie is bewus van die saak en laat dit aan die polisie oor om die voorval verder te ondersoek.

Amukana het gesê die nasionale assesseringspan sal eers ná die voltooiing van die ondersoek ingelig word oor watter stappe gedoen moet word.

“Eers nadat die leerlinge klaar geskryf het, het die onderwysers besef dit is die vraestel wat op die groep gedeel is. Ons het die vraestel gevat en ’n kopie van die uitgelekte vraestel uitgedruk en ons wag vir die polisie om die verifikasieproses te voltooi,” het sy gesê en bygevoeg hulle wag nog op die polisie se verslag.

NIE VERANTWOORDBAAR NIE

Die besturende direkteur van Elite Tutorial College, mnr. Apros Tendaupenyu, sê die instelling kan nie verantwoordelik gehou word vir die uitgelekte vraestel nie.

“Die bestuur van Elite Tutorial Collgede sal nie so laag daal deur nasionale eksamenvraestelle uit te lek nie.”

Volgens hom weet die skool nie eens wie die leerlinge is nie.

Tendaupenyu het aangedui, indien enigiets, die skool altyd sal poog om die integriteit van nasionale eksamens te handhaaf deur dit volgens die direktoraat van nasionale eksamens en assessering se beleide aan te bied en te bestuur.

Hy het beklemtoon die skool het geen jurisdiksie om kommentaar te lewer oor wat met die leerlinge gaan gebeur nie.

- [email protected]

Soortgelyk

 

22 sterftes, 346 nuwe gevalle

2 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes het met 22 tot 3 783 gestyg. Vyf hiervan was tuissterftes in die Oshikoto-streek. Nie een van die sterfgevalle was ingeënt nie. Gister...

Trusted Travel System geld vanaf Saterdag

6 ure gelede | Toerisme

Die Trusted Travel System vir die koördinering en verifiëring van Covid-19-uitslae in lande deel van die Afrika Unie (AU) geld vanaf Saterdag (15 Januarie) in...

Huidige Covid-19-regulasies bly in plek

6 ure gelede | Gesondheid

President Hage Geingob sê die huidige Covid-19-regulasies wat die afgelope maand in plek was, geld steeds tot 15 Februarie. Dit is die volgende: 'n maksimum...

Byna 20 000 nuwe gevalle die afgelope maand

6 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê 19 846 nuwe Covid-19-gevalle is die afgelope maand in die land aangeteken. Hiervan was...

Inentingskoers bly laag

7 ure gelede | Gesondheid

President Hage Geingob sê huiwering om teen Covid-19 ingeënt te word, duur voort. Volgens die staatshoof het Zambezi die laagste koers en wel 6%, terwyl...

‘Reëngolwe wink’

17 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Baie swaar reën, met etlike reëngolwe wat in die tweede helfte van vandeesweek en tot volgende week uitgebreid na Namibië op pad...

Lisensie of nie, staatsvoertuie ry

17 ure gelede | Polisie

Adam Hartman op Swakopmund – Verkeersbeamptes in alle streke voer steeds ’n vroeër opdrag vanuit hul hoogste gesag uit om nie verkeerskaartjies aan regeringsvoertuie met...

FNB deel van geding om Fishrot-geld

17 ure gelede | Howe

Ogone Tlhage – First National Bank Namibia het bykomende dokumente by die hoërhof in Windhoek ingedien en hom daardeur by die grootste korrupsiesaak in die...

Weer vir 13 Januarie

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm oor die westelike helfte van die binneland, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met 'n...