'Uitgehonger en aangerand'
'Uitgehonger en aangerand'

'Uitgehonger en aangerand'

Die Namibiese polisie ontken 'n Suid-Afrikaanse ma se skokbewerings oor die omstandighede waarin haar seun aangehou word.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Die Namibiese polisie ontken dat verhoorafwagtende gevangenes in aanhoudingselle by die Windhoekse polisiekantoor aangerand en uitgehonger word.

'n Bekommerde ma van Port Elizabeth, in Suid-Afrika, wie se 19-jarige seun, mnr. Wesley Welgemoed, die afgelope ses maande in aanhouding is, het verlede maand 'n desperate brief aan die menseregteorganisasie NamRights gerig waarin sy vir hul ingryping pleit.

Welgemoed is op 19 Julie 2018 saam met drie ander mense deur die dwelmeenheid in hegtenis geneem toe dwelms met 'n straatwaarde van N$200 000 glo by ’n huis in Kleine Kuppe in die hoofstad gevind is.

Sy drie medebeskuldigdes is 'n Britse burger wat in Suid-Afrika bly, mnre. Lee Jenkins (19), die Namibiër Buruxa Buru Butkus (30) en sy Duitse verloofde, me. Verena Salzmann (30).

Salzmann is op borgtog van N$30 000 vrygelaat.

Die Namibiër is borgtog geweier en die twee Suid-Afrikaners bly in aanhouding omdat gevrees word hulle is ’n vlugrisiko.

MA SE PLEIDOOI

Die ma, wie se naam weerhou word, het op 11 Januarie beweer die gevangenes het enkele dae “geen kos” ontvang nie.

Dít was glo ook in November en Desember die geval.

“Dit is totaal onaanvaarbaar om iemand aan te hou en hulle nie te voer nie – dis onmenslik!” het die ma geskryf.

“Hulle kry nie eens brood nie, niks nie.”

’n Vriendin van die ma, wat in Windhoek woon en anoniem wil bly, het gesê hulle moes daagliks wegneemkos vir die verhoorafwagtendes neem.

Sy het gesê die verhoorafwagtendes kry dikwels net pap of afgewaterde sop (wanneer beskikbaar) en suikerwater.

’n Polisiebeampte het glo een keer die kos wat die vriendin aangedra het op die vloer gegooi en beveel die gevangenes moet dit van die vloer af optel.

Sy sê hul kos word glo ook dikwels deur ander gevangenes gesteel.

Volgens die vriendin is daar in die winter nie warm water beskikbaar nie, ook nie skoonmaakmiddels of insekweerders teen die kakkerlakke nie, en geen toiletware nie.

Daar is wel glo baie dagga, sê die vriendin.

“Dit lyk of daar dwelms oral is; die daggawalms hang dik in die lug wanneer jy na die aanhoudingselle gaan," sê sy.

Die ma het gesê sy is bekommerd daaroor dat die omstandighede in die selle “te veel” vir haar jong seun word, wat al so lank “sonder enige struktuur, programme, oefening of berading” agter tralies is.

Die vriendin het gesê Welgemoed kla van spierkrampe omdat hy nie aktief is nie en Jenkins het glo al drie keer longinfeksies gehad.

Jenkins is na bewering ook al erg deur selmaats, dikwels geharde misdadigers, aangerand en is glo nie hospitaal toe gevat toe hy ná een van die aanrandings sy bewussyn glo kort-kort verloor het nie.

Dit gaan nou na wat verneem word “beter” met hom.

“Ons moes baklei om Lee by ’n hospitaal te kry. Omdat hy wit is, het een van die bewaarders glo gesê 'Boere' gaan nie dood nie,” het die vriendin gesê.

Dié bewaarder is glo van die aanhoudingselle na die aanklagkantoor oorgeplaas.

Die vriendin beweer verder die manlike beskuldigdes is aangerand toe hulle in Julie in hegtenis geneem is.

Sy het gesê toe die twee Suid-Afrikaners gedwing is om opstote te doen, is hulle glo tussen die bene geskop.

Gewere is na bewering teen hul koppe gehou.

Butkus is glo só erg aangerand omdat hy vermoedelik probeer weghardloop het, dat hy 10 dae lank in die hospitaal was.

‘KOS IS BESKIKBAAR’

Die Khomasstreek se koördineerder van misdaadondersoeke, adj.komm. Abner Agas, het op navraag van NamRights gesê 'n ondersoek is van stapel gestuur oor die beweringe dat daar nie kos is nie.

“Kos is vir alle gevangenes in die Khomasstreek, insluitende Windhoek se aanhoudingselle, beskikbaar. Daar was in die verlede en daar is steeds kos vir elke gevangene in aanhouding,” was Agas se slotsom ná die ondersoek.

’n Woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinsp. Kauna Shikwambi, het by navraag Agas se stelling beaam en gesê daar steek geen waarheid in die gevangenes se beweringe nie.

“Die polisie doen als in hul vermoë om te verseker verhoorafwagtendes landswyd word, soos voorgeskryf, gevoer, en in gevalle waar daar ’n vertraging in aflewerings van verskaffers is, word reëlings getref om te verseker die gevangenes kry kos," het Shikwambi gesê.

Sy het gesê gevangenes word volgens voorgeskrewe internasionale voedingsvereistes van kos voorsien.

Dit sluit in ’n verskeidenheid vrugte, groente, droë kos, vleis, hoender, vark en vis “om net 'n paar te noem”, het sy gesê.

Shikwambi het gesê dit is ongelukkig dat alle gevangenes nie van die spyskaart by die verskillende aanhoudingselle hou nie, maar familie word wel toegelaat om kos vir hulle te neem.

Oor die bewerings van aanranding het Shikwambi gesê sy is “vertroulik” ingelig dat geen verslag oor die aanranding van gevangenes gerapporteer of geregistreer is nie.

Gevangenes kan wel enige klagte van aanranding by die betrokke beamptes aan diens aanmeld.

VIER PLEIT ONSKULDIG

Die vier beskuldigdes het onskuldig op dwelmklagte gepleit en hou vol geen dwelms is in hul besit gevind toe hulle einde Julie 2018 in hegtenis geneem is nie.

Volgens hofdokumente het die polisie die dwelms, wat in die huis in Kleine Kuppe gevind is, eers op 26 Julie verpak en verseël.

Die polisie het na wat verneem word ook nie lasbriewe of toestemming gehad om die huis tydens die nag van die inhegtenisnemings te deursoek nie.

Die saak teen die vier duur op 28 Februarie voort ná dit verskeie kere hangende die ondersoek uitgestel is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.7 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.35 | USD to KES 132.48 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.04 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.88/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.39/lb UP +1.65% | Zinc US$ 2 825.90/T UP 0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.09/BBP DOWN -0.0071 | Platinum US$ 937.43/OZ DOWN -0.0027 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.7 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.35 | USD to KES 132.48 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.04 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.88/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.39/lb UP +1.65% | Zinc US$ 2 825.90/T UP 0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.09/BBP DOWN -0.0071 | Platinum US$ 937.43/OZ DOWN -0.0027