Uiteindelik 'n nier vir Julian
Uiteindelik 'n nier vir Julian

Uiteindelik 'n nier vir Julian

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



'n Seun van Rehoboth wat met Denys-Drash-sindroom gediagnoseer is, het uiteindelik die goeie nuus gekry dat 'n geskikte nierskenker vir hom gevind is.

Beide die 12-jarige Julian Rittmann se niere is reeds verwyder.

Volgens sy ma, me. Agnes de Waldt, gaan dit goed met haar “sonnige kind” wat tans in Johannesburg behandel word.

“Al die toetse vir 'n beskikbare skenker, asook weefseltoetse is gedoen. Julian is nou gereed vir sy nieroorplanting,” het De Waldt gesê.

Volgens haar wag die familie nog net op 'n datum vir die oorplanting.

Julian is sover bekend die enigste kind in Namibië met Denys-Drash-sindroom.

Hy het op die brose ouderdom van ses weke 'n operasie ondergaan om 'n liesbreuk te herstel en is op 18 maande met ­nefrotiese sindroom gediagnoseer.

Ná 'n nierbiopsie by die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad is Julian met Denys-Drash-sindroom gediagnoseer.

In dieselfde tyd is sy abnormale geslags­organe ook herstel.

Ná 'n spanningsvolle tyd in die intensiewe­sorgeenheid in die Windhoek MediClinic met nierversaking, moes Julian drie keer per week dialise ontvang.

Hiervoor moes die gesin elke keer van Rehoboth na Windhoek reis.

Al het haar seun reeds heelwat swaarkry in sy kort lewe beleef, is hy steeds haar sonstraal, sê De Waldt.

“Sy sonnige geaardheid laat almal glimlag.”

'n Trustfonds is vir Julian gestig om sy mediese uitgawes te help dek.

Die besonderhede van die fonds is: Die Julian Rittmann Trustfonds, reg.nr. 344/2007.

Skenkings kan in die volgende rekening gedeponeer word: Bank Windhoek, Rehoboth-takno: 486572, rekno: 8004483342.

Vir meer besonderhede kan De Waldt by [email protected] gekontak word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!