Uitdagings vir Namibiese boere in 2018
Ryno van der Merwe, president van die NLU, gesels hier oor wat die jaar vir boere inhou.
Alhoewel die weervoorspellings aangedui het dat die reënseisoen gemiddeld tot bogemiddeld gaan wees, is die situasie tanskommerwekkend.
Die weiding wissel van kritiek tot dele waar nog droë weiding beskikbaar is. Daar is net geïsoleerde dele waar groen weiding is.
Daar is baie uitdagings in ‘n ná-droogte hersteltyd. Die belangrikste is om weiveld doeltreffend te bestuur sodat natuurlike weiding kan herstel. Kuddegetalle moet in balans met die weiding herstel word en met die huidige hoë pryse van vee, plaas dit geweldige druk op die kontantvloei van ’n produsent wat diere moet aankoop.
In die dele waar die droogte reeds sedert 2013 voorkom, het veegetalle drasties afgeneem en is produsente in ’n finansiële oorlewingstryd gewikkel. Die akkerbouers is tans ook onder geweldige druk en reën is dringend nodig.
BEMARKING EN GROND
In die bemarkingsomgewing heers ook onsekerhede. Die alternatiewe voorstel vir die Kleinveebemarkingskema is nog nie aanvaar nie. Verder is die uitvoerabattoirs nie internasionaal kompeterend en kostedoeltreffend nie, wat veroorsaak dat produsente in Namibië nie kompeterende pryse vir slagvee krynie.
Die Namibië Lanfbou-unie (NLU)is sedert 2013 in gesprek met die ministerie van grondhervorming om die regulasies waarvolgens grondwaardes bepaal word, aan te pas sodat grondbelasting billik, regverdig en bekostigbaar kan wees.
Die Tweede Nasionale Grondkonferensie is uitgestel en sal waarskynlik vanjaar plaasvind. Talle emosies, veral ten opsigte van voorvaderlike regte word tans ervaar. Ek glo dat die gesprekke en voorstelle wat tussen die verskeie groepe, grondeienaars en die regering tydens die konferensie gaan plaasvind, ’n positiewe uitkoms sal hê.
NEEEF EN NUWE LEDE
Die konsepdokument vir die Nuwe Raamwerk vir Gelyke Ekonomiese Bemagtiging (NEEEF) het verlede jaar as ’n verrassing gekom.
Die georganiseerde strukture en die privaatsektor het egter die geleentheid gehad om verskeie insette te lewer. Die uitkoms hiervan is nog nie bekend nie.
Die NLU het hom ook ten doel gestel om nuwe lede te werf om sodoende in ’n gunstiger, finansieel volhoubare posisie te wees.
Ons, as georganiseerde landbou en produsente, is te midde van die uitdagings positief en opgewonde oor 2018.
Ons is aan die begin van die reënseisoen en pryse van veral speenkalwers en lammers is hoog. Ons besef en aanvaar die talle uitdagings wat landbou inhou en aanvaar dat ons baie meer doeltreffend sal moet boer om finansieel te oorleef. Ons moet produksie per hektaar optimaliseer en risiko’s – veral ten opsigte van klimaat – oordeelkundig bestuur.
Ons is dankbaar vir die politieke vrede en stabiliteit wat in Namibië heers en vir die geleentheid om toegang en gesprekke met die beleidmakers en die regering te hê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie