Uitdaging wag op die 'nuwe' Brave Warriors
Uitdaging wag op die 'nuwe' Brave Warriors

Uitdaging wag op die 'nuwe' Brave Warriors

Hulpafrigter Woody Jacobs sê hy het volle vertroue in Namibië se vermoëns.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Die Tafel Lager Brave Warriors het 'n splinternuwe baadjie aan wanneer hulle dié week hul kwalifiserende veldtog vir die Afrika-Nasieskampioenskap (CHAN) op die Comore-eilande afskop.

Die Namibiërs stap Vrydag in Moroni aan die weskus teen die Selekante (Les Coelacantes) in die eerste van twee botsings in die eerste ronde op die veld. Die herontmoeting is vir Sondag 4 Augustus by die Sam Nujoma-stadion in Windhoek geskeduleer.

Die Namibiese span bevat spelers wat onlangs nog in Egipte aan die Afrika Nasiebekertoernooi (Afcon) deelgeneem het, asook dié wat kort tevore by die Cosafa-kampioenskap in Suid-Afrika hul hande opgesteek het.

Bobby Samaria, die nuut aangestelde tussentydse hoofafrigter in die plek van Ricardo Mannetti, en sy adjudant Woody Jacobs is seker van die Warriors se kanse wat gister na die Comore-eilande vertrek het.

Jacobs, wat die media gisteroggend te woord gestaan het toe die toergroep by die Namibiese Sportkommissie hul nasionale kleure en gedragskode ontvang het, sê 'n persoonlike droom is bewaarheid.

“Ek en Bobby voel geweldig geëerd om die Warriors met hul veldtog te help, want vir beide is dit ons eerste keer wat ons op internasionale vlak met die Warriors doenig is. Sedert ons aanstelling as tussentydse hoof- en hulpafrigter het ons nog nie die geleentheid gehad om ons dankbaarheid hieroor uit te spreek nie.

“Dit is elke afrigter se droom om net soos die spelers wat vandag hier sit, by die nasionale span van sy land betrek te word. Ons het verlede Dinsdag met voorbereiding begin en ons is optimisties oor ons kanse.

“Die spelers het werklik buitengewoon goed op die voorbereiding gereageer en ons sal Sondagoggend as oorwinnaars uit Moroni terugkeer. Niks kom verniet in die lewe nie; sukses verg harde werk en dit is waarvoor die Brave Warriors staan.

“Manne, ek wil voor almal wat hier is vir julle sê dat jul sukses van julself afhang. Ons moet gaan en vir die mense tuis wys wat ons kan doen. Julle moet gaan en jul beste lewer en gebruik die ondervinding van die manne wat reeds in die Comore en CHAN gaan speel het.

“Sokker in Namibië het die afgelope paar jaar goeie vooruitgang getoon. Ons is met hope talent geseën. Die fiksheidvlakke van die spelers is uitstaande en ons is gereed om sukses te behaal. Ons het tevore vir dié kompetisie gekwalifiseer en wil nie tien jaar wag voordat ons dit weer vermag nie.”

Die 27-jarige verdediger Dynamo Fredericks is die nuut aangewese kaptein ná die internasionale uittrede van Ronald Ketjijere.

Fredericks sê: “Ons gaan meer verdedigend speel om te kyk wat die eilandbewoners na ons kant toe gooi. Hulle is 'n gerekende krag en ons respekteer hulle daarvoor, maar ons gaan beslis nie daarheen om hulle in watte toe te draai nie. Ons gaan tot die beste van ons vermoëns kompeteer om die botsing te wen.

“Ek het as speler wat voorheen aan die CHAN-toernooi deelgeneem het, my ondervinding met die nuwe ouens in die span gedeel. Ons weet hulle is 'n sterk eenheid wat 'n paar briljante spelers in hul span het,” het die kaptein gesê.

Die wenners tussen Namibië/Comore en Madagaskar/Mosambiek sal mekaar in die volgende ronde pak. Wenners word bepaal deur die saamgestelde telling van die doele in beide wedstryde. Net 16 lande sal kwalifiseer vir die CHAN-toernooi in Kameroen in Januarie 2020.

Die Warriors-spelersgroep is Ratanda Mbazuvara, Charles Uirab, Ivan Kamberipa, Obrey Amseb, Marcel Papama, Gustav Isaak, Larry Horaeb, Junias Theophilus, Aprocious Petrus, Immanuel Heita, Dynamo Fredericks, Vitapi Ngaruka, Emilio Martin, Wendell Rudath, Llewellyn Stanley, Absalom Iimbondi, Gregory Auchumeb, Isaskar Gurirab, Elmo Kambindu en Revered Matroos.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 377.99/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.79% | Zinc US$ 2 849.60/T UP 0.98% | Brent Crude Oil US$ 86.79/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 925.95/OZ DOWN -0.011 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 377.99/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.79% | Zinc US$ 2 849.60/T UP 0.98% | Brent Crude Oil US$ 86.79/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 925.95/OZ DOWN -0.011