Uit die howe

08 November 2018 | Howe
Geen borgtog vir moordverdagte

Keetmanshoop - Mnr. Immanuel Petrus (22), wat Saterdag na bewering die 28-jarige me. Engeline Rooi met 'n skerp voorwerp in 'n kroeg in Tseiblaagte doodgesteek het, is borgtog geweier.

Petrus het Dinsdag sy eerste verskyning in die hof op Keetmanshoop gemaak. Landdros Melissa Mungunda het gesê sy vrees Petrus kan met die polisieondersoek inmeng, en dit is nie in openbare belang dat borgtog toegestaan word nie.

Die oorledene was glo 'n eksmeisie van Petrus.

Die saak is tot 16 Januarie 2019 uitgestel sodat die ondersoek kan voortduur en die beskuldigde om regshulp kan aansoek doen. – Nampa



Staatsgetuie vertel van rusie

Windhoek - 'n Staatsgetuie in die moordverhoor van mnr. Johny Ryno Diergaardt het Dinsdag in die hoërhof in Windhoek getuig hoe Diergaardt met wyle me. Tiffany Tanita Lewin gestry het.

Diergaardt het Lewin na bewering in 2014 voor haar vierjarige seuntjie doodgesteek.

Me. Abida McNab was teenwoordig tydens 'n rusie met Lewin in 'n klub waar Diergaardt die oorledene glo geklap het.

Op die dag van Lewin se dood het Diergaardt glo na haar huis gegaan, haar foon en sonbril gevat en gesê dit is met sy geld gekoop. As Lewin dit wil terughê, moet sy dit by hom kom haal, het Diergaardt glo gesê.

Die verhoor duur voort en Diergaardt bly in aanhouding. - Nampa



Moordsaak tot Januarie uitgestel

Mariental – Mnr. Patrick Skrywer (57), wat daarvan beskuldig word dat hy mnr. Willem Johannes Pieters (51) in Julie vermoor het, het Maandag vir die derde keer in die landdroshof op Mariental verskyn.

Hy het Pieters na bewering in die Ombili-woonbuurt in die nek gesteek. Pieters is na die staatshospitaal op Mariental gehaas, maar het die volgende dag gesterf.

Landdros Verinao Kamahene het die saak tot 29 Januarie 2019 vir verdere ondersoek uitgestel en sodat Skrywer regshulp kan bekom. Skrywer bly in aanhouding. - Nampa

Soortgelyk

 

Polisie konfiskeer kerk se luidsprekers in Oshakati

6 ure gelede | Plaaslik

Die polisie het luidsprekers wat aan die New Jerusalem Ministry in Oshakati se informele nedersetting Oneshila behoort, vandeesweek ná klagtes van rusverstoring gekonfiskeer.Volgens inspekteur Thomas...

Olifante beskadig optiese kabels naby Khorixas

7 ure gelede | Plaaslik

‘n Trop olifante het inwoners in die Noorde van die land sonder landlyn- en selfoonverbinding gelaat, nadat die optiese kabel tussen Omatjete en Khorixas Donderdagmiddag...

Skietklub lê weer aan

9 ure gelede | Howe

Denver Kisting - Mnr. Norman Tjombe, die regsverteenwoordiger van die Rehoboth-skietklub, het vanoggend (Vrydag) bevestig sake is terug na normaal.Dít kom nadat die Namibiese weermag...

'Boere se veglus verdwyn'

19 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer en Elvira Hattingh - Twee bekende boere van die Suide sê die droogte het boere op hul knieë.“Ek was gister by ’n veiling...

Egpaar herontdek skaars plantjie

19 ure gelede | Omgewing

Denver Kisting – ’n Dekaan by die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), dr. Rolf Becker, en sy vrou, me. Alma Moller, het verlede...

Kalender 18 Januarie

19 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots Unam se beeldende kunste-uitstalling vir 2018 aan. Dié uitstalling is tans...

'DRK maak staat op ons'

19 ure gelede | Politiek

Inwoners van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) maak staat op lande deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) om die land weer op die...

Operasie Hornkranz: Meer misdaad aangemeld

19 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig Die Namibiese polisie het Woensdag by die Israel Patrick Iyambo-polisiekollege in Olympia terugvoering gegee aan die visepresident, mnr. Nangolo Mbumba, en die...

Weer vir 18 Januarie

19 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die //Kharasstreek, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar tot geïsoleerde donderbuie in...