Uit die binneland - Dana Snyman

07 July 2005 | Kollig
SNYMAN se humoristiese pen breek weg na plattelandse cafés met juke-bokse en seven singles, besoeke aan die \"Monnemint\" en Boeregrafte, in \'n tyd dat Valiants en Zephyrs nog bekende name was.
Juis op een van hierdie reise het \'n bakkie se \'ghêrs soos \'n dier in pyn gesterf.\' Snyman spaar ook nie die Nuwe Suid-Afrika nie: Jappies word die kop gewas, so ook sekere rugbyondersteuners, sekere radioluisteraars, sekere openbare figure. Maar Snyman verken ook die ander, pynliker kant van sy land en sy mense: Agnes wat donkermôre die skôrro-skôrro in Mabopane moet haal, Attie wat te vroeg die kroeg se binnekant moet leer ken, die bosluismense van die Noordwes, die ryke en die arme wat mekaar deur \'n kamervenster aanstaar. En dis moeilik om te sê waar die lag ophou en die traan begin - en andersom. Snyman se unieke aanslag maak van hierdie vyftigtal kort stukke eerste kort-kortverhale of sketse as die tipiese rubriek - dit het vroeër in Beeld, Weg en Huisgenoot verskyn.
Dana Snyman is \'n bekende rubriekskrywer en joernalis en was onder meer werksaam by Beeld en Huisgenoot. Tans is hy aan die buitelugtydskrif Weg verbonde as reisskrywer en senior joernalis. Hy woon in Pretoria.
Uit die binneland (ISBN: 0798144858) is deur Human & Rousseau vrygestel en kos N$99,95.

Soortgelyk

 

Woede kook oor by Ngoma

14 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig – Regeringsafgevaardigdes het laat Saterdagmiddag hul hande vol gehad om gemoedere by die Ngoma-grenspos te kalmeer toe ’n skare woedende inwoners uit die...

Totsiens, Shannon

14 ure gelede | Mense

Leandrea Louw op Walvisbaai – Roubeklaers het Saterdag in groot getalle opgedaag om finaal van me. Shannon Wasserfall (21) op Walvisbaai afskeid te neem.Sy is...

Nuwe ruimte vir naslaan, leer en lees

14 ure gelede | Geskiedenis

'n Splinternuwe mediategnologie-biblioteek is nou oop vir die publiek by die hoofkantoor van Namibia Media Holdings in Windhoek.Die herontwerpte argief is Vrydag amptelik in gebruik...

Vermoedelike reeksverkragter slaan weer toe

14 ure gelede | Misdaad

Kuskantoor – Die polisie in die Erongostreek ondersoek 'n voorval waar ’n aanvaller by ’n vrou (28) se huis in Walvisbaai ingebreek het, haar met...

Namibië se eerste Supra-vrou gekroon

14 ure gelede | Mense

Ná maande van intense mededinging is die 23-jarige Chanique Rabe Saterdagaand as die eerste Mej. Supranational Namibië bekroon. Saam met dié gesogte titel stap sy...

Antigeen-toetse vir reisigers na SA beskikbaar

14 ure gelede | Gesondheid

Antigeen-toetse om die coronavirus op te spoor, is volgens die Suid-Afrikaanse regering se inligtingsdiens (GCIS) by alle grensposte na die land beskikbaar.Dié toetse, wat van...

Regeringsbestuur: 'Prentjie lyk stroef'

14 ure gelede | Regering

Denver Kisting 'n Herhaling van die Fishrot-skandaal, die beweerde grootskaalse kaping van Namibiese viskwotas wat die afgelope jaar opspraak wek en twee oudministers agter tralies...

Seun (5) met kanker se gesin vra hulp

14 ure gelede | Mense

Ester KamatiDie Labuschagne-gesin op Otjiwarongo het onlangs die ontstellende nuus ontvang dat die vyfjarige Zu-Andre kanker het. Die diagnose het gevolg nadat bloed vroeg...

Sprinkaanplaag: SADC vra steun

14 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) het gister ’n beroep gedoen op steun in die stryd teen Afrika treksprinkane. Dit volg nadat altesaam tien...