Uis skud vere reg vir fees van die Rover
Uis skud vere reg vir fees van die Rover

Uis skud vere reg vir fees van die Rover

Des Erasmus
Des Erasmus - ‘n Titseltjie onthou, ‘n stywe skoot legende, ‘n loopbaan van sewe dekades , die ver paaie van Namibië en genoeg brandstof vir die meng met pret en sport vir die nagereg. Dit is die resep en die spyskaart vir ‘n heerlike jol deur die viertrekmalles. Die geleentheid is die Land Rover-saamtrek op Uis met die ou tawwes wat sewentig jaar gelede in Afrika wiel aan wal gesit het.

Die eerste stofstreep Uis toe sal getrek word om op 24 Augustus daar te wees vir die Land Roverkaskenades wat tot 27 Augustus gaan voortduur. Op die vorige byeenkoms was dit die baanbrekerfees op Uis met 152 Land Rovers wat daar hul spoor kom maak het. Die organiseerders meen daar gaan vanjaar aansienlik meer wees, selfs van tweehonderd tot 250. Net per geluk is daar dalk ook ‘n Serie 1 of twee van hulle waarmee die rateltaaies hul loopbane in Afrika begin het.

‘n Mooi aanwas vanjaar is eienaars uit Suid-Afrika wat in ‘n konvooi toer en deur Botswana kom met Uis as bestemming. Soos verlede jaar is daar ook individuele eienaars in Suid-Afrika wat laat weet het hulle gaan daar wees. Uis kan maar die kooie opmaak.

Die basis gaan ‘n groot feestent wees met uitstallers wat ook gaan deelneem. Vir die pret gaan daar verskeie skattejagtogte wees met skemerkelkies wat op die kruine van Uis se ou mynhope geklink gaan word. Wanneer dit aand word, gaan die storievertellers aan die beurt kom en gaan die kitaarsnare in die aandwind beef met saamsinggeleenthede vir die feesgangers.

Op die tweede dag, 25 Augustus, gaan beroepsryers wys wat uit ‘n Land Rover gehaal kan word. Deelnemers gaan mekaar aanvat in ‘n kompetisie van hoe vinnig ‘n band vervang kan word. Op 26 Augustus gaan daar onder meer boskos op ‘n roete om die dorp bedien word en gaan deelnemers wys hoe vinnig ‘n tent opgeslaan kan word.

Op 27 Augustus gaan al die Land Rovers in ‘n enkele en ellelange konvooi in en om Uis beweeg. Daarna is dit koebaai.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!