Uganda knak voor Trumpelmann en Smit

07 April 2021 | Sport
Tielman van Lill – Namibië het sy tweede hoogste kolftotaal in ’n internasionale eendagwedstryd opgestel toe hy die Cranes van Uganda met 98 lopies by Wanderers in Pionierspark kous oor die kop terug hotel toe gestuur het.
Die Eagles het by die Wanderers-veld die eerste van twee eendagwedstryde in die Castle Lite-reeks oortuigend gewen, voordat die toer Donderdag afgesluit word.
Namibië se vorige hoogste ODI-kolftotaal van 324/7 teen Oman staan sedert 8 Januarie 2020 by Al Amerat, Oman, tydens die Internasionale Krieketraad se Wêreldkrieketliga 2-toernooi.
Volgens die ongeskrewe reël van gemiddeldes moes die Eagles hul telling ná 30 boulbeurte (131/4) tot 262 of meer in hul toegelate 50 beurte verdubbel het, maar hul kolfversnelling het vriend en vyand verbaas deur hul telling verby die sielkundig betekenisvolle 300-merk te jaag.
Namibië, ingestuur om eerste te kolf, se 301 vir sewe in 50 boulbeurte het veel meer bedees weggespring met Stephen Baard (35 van 51 balle, 4x4, gevang agter paaltjies deur Arnold Otwani, geboul Henry Ssenyondo) en Divan la Cock (15 van 22 b, 2x4) se aanvangsvennootskap totdat die jong La Cock in die elfde boulbeurt been voor paaltjie deur Riazat Ali Shah betrap is (48/1 in 102 bb).

JP Kotzé op drie se besoek het slegs sewe aflewerings geduur en een lopie opgelewer voor hy ná oënskynlik lui hardloopwerk tussen die paaltjies deur Cosmas Kyewuta uitgehardloop is (2/49 in 11.3).
Kaptein Gerhard Erasmus op vier (44 van 49 b, 2x4, 1x6, geboul Ssenyondo) het kort ná sy aankoms vir Baard verloor, wat deur Nicol Loftie-Eaton vervang word. Met Baard se vertrek was die Kraanvoëls skielik goed geplaas toe die Eagles op 3/61 in 13.4 bb spoed verloor.
Loftie-Eaton (0 van 4 b) word boonop deur ’n wegbreker van Shah geklop en deur Otwani agter die paaltjies uitgevang, wat Namibië diep in die knyp laat op 70/4 in 16.1 bb laat, met vier van sy topkolwers terug in die kleedkamer.
Die Eagles met Erasmus en Karl Birkenstock op ses vind egter hul versnelrat om 74 lopies te slaan voor Erasmus deur Ssenyondo geklop word (135/5). Toe Birkenstock (39 van 67 b, 5x4, geboul Dinesh Nakrani) terugstap, lyk die Eagles ook nie meer so bestendig op 148/6 in 34.6 boulbeurte nie.
JJ Smit op agt, Michael van Lingen op nege en Ruben Trumpelmann op tien moker egter 153 lopies in die laaste 15 boulbeurte. Smit wys opnuut sy klas met 81 van 56 balle wat vier grenshoue en ses allemintige sesse insluit voor hy deur Shah op die diepbygrens uitgevang word (280/7 in 48.6).
Van Lingen, wat aanvanklik meer besadig as Smit in sy aanslag was, trek ná Smit se vertrek los en versnel met onverskrokke houespel om sy onoorwonne 56 van 45 aflewerings (2x4, 5x6) te behaal. Trumpelmann het nie op hom laat wag nie en dra met ’n reusagtige ses (2 b) by om 21 lopies saam met Van Lingen in die laaste boulbeurt die telbord op te jaag.

KRAANVOEëLS IN KRAAINES
Vir die Kraanvoëls het sake uit die staanspoor verkeerd geloop met Ruben Trumpelmann se spoed asook sy lyn en lengte een te veel vir hulle.
Trumpelmann steek sy kleim af met die aanvangspaar Saud Islam (0 van 2 b, geboul) en Hamu Kayondo (7 van 8 b, 1x4, been voor paaltjie) wie se vertrek Uganda onderskeidelik op 1/1 in 0.3 en 8/2 in 2.5 laat stotter.
Kaptein en paaltjiewagter, Arnold Otwani (2, 16 b) op drie, word sy derde slagoffer toe Birkenstock hom uitvang (Uganda 3/9 in 4.5).
Dinesh Nakrani (0, 1 b, gevang Smit) word Trumpelmann se vierde slagoffer (4/9 in 4.6) wat hom op die rand van ’n driekuns laat. Trumpelmann se eerste bal in sy volgende boulbeurt word ongelukkig versigtig deur nommer vier Ronak Patel geblok.
Patel behoort ná sy uitstekende kolfbeurt deur sy span op die hande gedra te word. Hy het nie net manalleen geloofwaardigheid aan die Cranes se kolfbeurt verleen nie, maar hulle van ’n reuse-verleentheid gespaar.
Terwyl Patel sy talent ten toon gestel het, het Kenneth Waiswa op ses (18 van 44 b, 2x4, gevang Loftie-Eaton geboul Bernard Scholtz), Riazat Ali Shah op sewe (32 van 61 b, 1x4, 1x6, geboul Dewald Nell) gekom en gegaan (70/5 in 19.6 en 150/6 in 38.4).
Patel en Jonathan Sebanja op agt is die onbegonne taak opgelê om in die laaste elf boulbeurte 151 lopies op te tower. Patel behaal ’n vegtende honderdtal (van 126 balle) in die 48ste boulbeurt, maar eindig kort daarna op 105 van 129 b (7x4, 1x6) toe Trumpelmann terugkeer om hom ná sy laaste grenshou skoon te boul boul (192/7 in 47.6).
Trumpelmann (5/36 in 10, 2 leeg) en Dewald Nell (1/41 in 7) het onderskeidelik die Eagles se boulaanval van die suide- en Ramblers-kant ingelei. Bernard Scholtz (1/20 in 10, 1 leeg) het die snelboulers goed met sy verraderlike linkerarmdraaiballe afgelos.
Karl Birkenstock (0/25 in 7), Erasmus (0/15 in 4), Nicol Loftie-Eaton (0/22 in 5) en Michael van Lingen (0/37 in 7) was ewe ekonomies en bestendig om die besoekers tot 203/7 te beperk.
[email protected]

Soortgelyk

 

RMB Song Night vier ’n dekade

3 ure gelede | Kuns en vermaak

Die RMB Song Night-inisiatief wat op die been gebring is met die doel om Namibiese klanke te laat groei en ontwikkel, vier vanjaar sy tiende...

Europese Unie verwelkom besending entstowwe van Covax

3 ure gelede | Gesondheid

Die Europese Unie se adjunkhoof, mnr. Gosia Lachut, het die besending van 24 000 dosisse AstraZeneca-entstof teen Covid-19 van Covax aan Namibië verwelkom. Lachut...

FlyWestair brei binnelandse vlugte uit

3 ure gelede | Vervoer

FlyWestair voeg van volgende Woensdag 28 April 'n ekstra vlug by sy Ondangwa-roete en het ook by die Vervoerkommissie van Namibië aansoek gedoen om vlugte...

Kavango-Oos kry eerste besending Covid-19-entstowwe

5 ure gelede | Gesondheid

Kavango-Oos het sy eerste besending Sinopharm en AstraZeneca-dosisse deel van die immuniseringsveldtog teen Covid-19 ontvang. Die streek het 7 983 Sinopham- en 2 880 AstraZeneca-dosisse...

Vincia Cloete aangestel as hoof van korporatiewe bestuursinsituut

6 ure gelede | Mense

Die Namibië Instituut vir Korporatiewe Bestuur (NICG), wat in 2016 gestig is om gesonde korporatiewe bestuursbeginsels en -praktyke in die land te bevorder, het aangekondig...

Floyd-moordverhoor: Skuldig!

6 ure gelede | Internasionaal

Derek Chauvin (45), gewese polisielid van Minneapolis, is skuldig bevind aan die moord op George Floyd (46).’n Jurie het gisteraand laat (Namibiese tyd) dié beslissing...

Sprinkane nou in 11 streke

16 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer – Die verwoestende sprinkaan­plaag het nou na elf van die land se 14 streke uitgekring en dit is net in die Omaheke-, Khomas-...

Pensioenaris in haar huis vermoor

16 ure gelede | Misdaad

Erwin Leuschner – Gisteroggend het ondersoekbeamptes Trekkopjestraat in Kramersdorf in Swakopmund afgesper nadat me. Irene Lohmeier (82) in haar huis by nommer 9 aangeval en...

Miljoene vir vervalste maskers

16 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – ‘n Chinese tabakmaatskappy met Swapo-bande eis N$6,5 miljoen van ‘n vennoot nadat ‘n ooreenkoms oor die invoer van gesigmaskers op die vooraand...