Ugab-leeus slag vrou se ganse boerdery

Bestaansboere op hulself aangewese

14 June 2018 | Omgewing
Des Erasmus



'n Boerin van De Rust in die Ugab­vallei, alombekend as Mama Rosa, is in twee agtereenvolgende nagte deur twee leeus van al haar aardse besittings beroof.

Sy is gebroke en weet nie her- of ­derwaarts nie.

Haar verlies van Sondagnag is 15 groot bokke met ses boklammers en vyf groot skape en een lam. Die leeus was Maandagaand weer daar met 'n donkiemerrie en haar vul wat ­aangeval was. Die vleisdiewe is reeds uitgeken as 'n leeumannetjie en sy wyfie. Albei het GPS-nekbande in die stryd om die konfliksituasie tussen mens en dier in die vallei van die ­woestynleeus uit te skakel.

Die kommunale plaas De Rust lê sowat 12 km wes van die Brandberg White Lady Lodge in die Ugabriviervallei, wes van Uis.

Bystand is reeds deur die Desert Lion Human Relations Aid (DeLHRA) aan Mama Rosa onderneem met omgekrapte kommunale boere van die vallei wat wil weet wat het van die omvattende bystand geword wat vanjaar in Januarie aan hulle beloof is om die mense en die leeus in vrede saam te laat leef.

In die eerste nag van die ­leeuaanval is 'n swak plek in 'n kraal deur die mannetjie en die wyfie gekry. Toe hulle eers in die kraal was, is alles doodgebyt wat voorgekom het.

Mnr. Izak Smit van DeLHRA het Dinsdag aan Republikein gesê onmiddellike bystand is aan Mama Rosa verleen. Twee opgeleide en ervare gidse is beskikbaar gestel, foto's van die plekke van die aanval is geneem en 'n volledige verslag is opgestel.

Mama Rosa het die ministerie van die omgewing en toerisme self oor die voorvalle en haar verliese ingelig.

Daar is vasgestel dat die leeus 'n swak plek in 'n kraal gebruik het om toegang te kry.

Smit sê DeLHRA het die afgelope jare kommunale boere van Damaraland, spesifiek die Torra-bewaringsgebied, onder meer van skadunet voorsien om 'n geskatte 80 ­bestaande krale toe te maak. Die sukses van dié maatreëls was reeds bewys.

Hy sê die lang droogte het leeus se ­prooigetalle laat afneem. Ná die reën van die afgelope seisoen kom wild nie meer na die leeus se voorlêplekke by die watergate nie. Daar word op die oop veld gewei. Die gevolg is dat die konflik­situasie tussen dier en mens tussen Desember en Augustus op sy hoogste is.

Die drie volwasse leeus van die Ugab­rivier het vanjaar in Januarie 'n kombinasie van GPS-satelliet/VHF-­radiobande van die Woestynleeu­projek van dr. Flip Stander gekry. Dit was deel van 'n nuwe ­bestuurstelsel om die konfliksituasie tussen die leeus en mense uit te skakel.

Met dié tegnologie was dit moont­lik om die bewegings van leeus te monitor en om sodoende vroeë waar­skuwings aan belanghebbendes te gee. Wegjaagspanne sou dan oorneem om leeus uit kwesbare gebiede te dryf.

Ander kommunikasiemiddels teen die leeugevaar is ook aan die mense belowe. Smit sê daarvan het niks gekom nie en die kommunale boere is steeds op hulself aangewese. Daarvan getuig die afgelope twee voorvalle.

Die boere wil nou weet wat het van die beloftes van 'n vroeë waarskuwingstelsel en monitering geword.

DeLHRA skryf die tweede leeuaanval in die agtereenvolgende nag toe aan die welslae wat met die eerste rooftog van die bokke en skape behaal is.

Smit sê DeLHRA sal die De Rust-boere bystaan met materiaal om die bestaande swak krale te versterk. 'n Spesiale fonds sal ook gestig word om aan Mama Rosa weer 'n kudde te gee al is dit klein. Dan kan sy weer haar boerdery opbou.

Volgens hom is lodge- en kamp­eienaars in die Ugabvallei en instansies van Uis bereid om met die vroeë waarskuwingstelsel teen leeus te help. Die Woestynleeuprojek moet net die toerusting beskikbaar stel.

“Dit gebeur nie. Die duur ­halsbande hang nou soos ornamente om die leeus se nekke. Dit help moontlik op die gebied van navorsing van die ­woestynleeus.”

Die betrokke gebied het die ­afgelope tyd 'n opwelling in toerisme geniet met die terugkeer van leeus ná 14 jaar.

Volgens hom is die betrokke boere bereid om saam met die leeus te leef, maar dan moet hulle beskerm word sodat hulle met hul gewone boerderye kan voortgaan.

Soortgelyk

 

25 jaar, al het Zenobia berou

9 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Met haar hande wringend op haar skoot het die 34-jarige Zenobia Seas Vrydag in hofsaal E in die hoërhof in Windhoek geluister...

Geingob dek neutrale tafel

9 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Prof. Nico Horn, ’n regsdosent en politieke onleder, sê hy is nie verras oor hoe die afgelope beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap...

Mans in Windhoek doodgesteek

9 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting Twee mans is in afsonderlike­ voorvalle die afgelope naweek in Windhoek met skerp voorwerpe dood­gesteek.Hiernaas is vier verdagtes op die toneel aangekeer toe...

Weer, Maandag 20 Augustus 2018

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide en sentrale gebiede. Elders sal dit sonnig en baie warm wees. Winderige toestande sal oor die binneland heers.KUS:...

Jakkals kom sy luiperd teë

9 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Besoekers aan die Kgalagadi-oorgrenspark het onlangs die skaars voorreg gehad om te sien hoe ‘n luiperd ‘n jakkals vang en in ‘n...

NBC-werkers is steeds woedend

9 ure gelede | Arbeid

Augetto Graig Protes deur ongelukkige werknemers by Namibië se nasionale uitsaaier (NBC) duur voort.Dié groep het Donderdag weer eens voor die uitsaaier se hoofkantoorhek betoog....

Wêreld gaan Kofi mis

9 ure gelede | Mense

Denver Kisting – Pres. Hage Geingob sê die ontslape voormalige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), mnr. Kofi Annan, het die Afrika-vasteland én die mensdom...

Leiers faal die mense

9 ure gelede | Plaaslik

Catherine Sasman – Die Namibiese burgerlike organisasie-aktivis mnr. Uhuru Dempers sê die Suider-Afrikaanse leiers moet “wakker skrik” en die harde werklikhede van neerdrukkende armoede en...

Kajuitberaad by SADC

9 ure gelede | Plaaslik

Kajuitberaad by SADC