Tydloos, klassiek en trots Namibies

Fokus op volhoubaarheid
Yandi Du Plessis
Yandi du Plessis - Die Amâna-handelsmerk is in 2018 deur Elzane Ludeke, ’n ontwerper en voornemende entrepreneur, op die been gebring.

“Amâna” is ’n Khoekhoegowab woord, ook bekend as Nama in etniese terme. Die woord “amâna” beteken “getrou aan die waarheid” in Nama.

Die 29-jarige Elzane vertel sy het op dié naam besluit omdat die handelsmerk wegbeweeg van dít wat die modebedryf as “skoonheid” beskou.

“In plaas daarvan fokus dit op ’n ware en dieper skoonheid. Om getrou te wees aan jouself is een van die bevrydendste ervarings ooit. Deur jouself regtig te aanvaar, kan jy ontsnap van dít wat volgens die media as ‘mooi’ beskou word.”

Elzane het modeontwerp in Suid-Afrika gestudeer, waar sy gespesialiseer het in die ontwerp van eksotiese leerbykomstighede. Direk daarna het sy waardevolle werkservaring by een van Suid-Afrika se vernaamste vervaardigers van eksotiese leerprodukte.

Sy het toe na Namibië teruggekeer, waar sy die rol van entrepreneur en besigheidseienaar aangeneem het. Só is Amâna gebore.

Sy beskryf die proses om ’n besigheid op die been te kry as ’n “wilde wipwarit”.

“Die een dag is jy heeltemal positief om sukses te behaal en die volgende dag tel jy die kleingeld onderin jou handsak. Die proses is lank en wisselvallig, maar die moeite werd. Dan bereik jy mylpale, soos om die Suid-Afrikaanse modeweek in Johannesburg by te woon, wat elke bietjie sweet en trane die moeite werd maak.

“Dit is baie lonend om vir jouself te werk en terug te kyk na wat jy al bereik het. Die grootste ding is om altyd die einddoel in sig te hou.”

Elzane woon in Windhoek en bedryf Amâna hoofsaaklik aanlyn. Die meeste van haar voorraad is in Johannesburg, want vinnige en gratis aflewering is deel van die diens, in Namibië én in Suid-Afrika.

Amâna-produkte is beskikbaar op verskillende aanlyn platforms in Suid-Afrika, soos Platform 23, Vibe Life Culture en LMDA. In Namibië is dit ook aanlyn te koop op www.amana.design en by Trendhaus op Swakopmund.

VOLHOUBAARHEID

Die Amâna-handelsmerk is hoofsaaklik bekend vir ontwerper-leerhandsakke, -beursies en ander bykomstighede. Die doel is om ’n volhoubare en tydlose reeks te skep, deur die kitsmode-neiging te vermy en produkte van hoë gehalte vir elke vrou te bied.

Die reeks is geïnspireer deur die krag van eenvoud en minimalisme.

Amâna wil volhoubare mode bevorder deur handsakke te skep wat geskik is vir enige geleentheid. Deur een sak te koop wat prakties is vir alledaagse geleenthede, is dit ’n veilige manier om by te dra tot ’n volhoubare leefstyl, want die modebedryf volg deesdae ’n benadering wat meer op volhoubaarheid fokus.

Al die handsakke is van 100% egte leer en het ’n natuurlike katoenvoering aan die binnekant. Die opvallende slangvelmotief-handsakke bestaan uit egte beesleer wat met dié patroon gedruk is.

“Ons is bewus van die uitwerking op ekosisteme en streef dus daarna dat leer net as ’n byproduk beskou word, eerder as om met diere uitsluitlik vir hul velle te boer. Die handsakke is ontwerp om tydloos te wees en die immer-veranderende modeneigings te oorleef.

“Ons leef in ’n tyd waar volhoubaarheid nie net ’n trend is nie, maar ’n nuwe leefstyl wat vele mense aanneem. Mense word ingelig oor wat volhoubaarheid beteken en neem besluite daarvolgens,” sê Elzane.

INSPIRASIE

“Elke handsak in die reeks is na ’n spesiale vrou in my lewe vernoem. Dié vroue het ’n unieke en blywende impak op my lewe gehad en ek wou elkeen van hulle individueel in my ontwerpe verteenwoordig. Elke ontwerp weerspieël ’n sekere aspek wat ek met die betrokke vrou assosieer.

“Elkeen het my op hul eie manier geïnspireer, nie net in my ontwerpe nie, maar ook in my lewe oor die algemeen," vertel sy.

Die Maggie-handsak, byvoorbeeld, is na haar ma Margaret vernoem. “My ma was vry van gees. Sy was ’n groot ekstrovert en ongelooflik spontaan en sy het haar nie laat terughou nie.

“My verhouding met my ma was onstuimig, soos die meeste verhoudings tussen twee hardkoppige vroue is. Tog het ek baie by haar geleer, veral dat almal twee kante het; die kant wat ons aan die wêreld wys, en die kant wat ons vir onsself hou. Dit is ’n eienskap wat ek met die Maggie-sak wou uitbeeld – die verskillende teksture van leer wat twee verskillende kante van haar persoonlikheid voorstel.

“Die slangvelleer toon die lewendige sy van Maggie, terwyl die swart leer die kant van Maggie voorstel wat nie almal gesien het nie, die spreekwoordelike ‘donkerder’ kant.

“Albei hierdie kante van Maggie se persoonlikheid is wat haar spesiaal en interessant gemaak het, en op dieselfde manier spruit die uniekheid van die Maggie-sak uit sy kontrasterende voorkoms,” vertel sy.

Die ander handsakke in haar reeks is vernoem na haar kosbare vriendinne, Carla, Alexandra en Jeanne, elk met ’n unieke ontwerp wat dié vroue se lewensdrif vasvang.

Die enigste beursie in haar reeks is na haar tannie vernoem.

“Luna is ’n netjiese en ordentlike vrou, en baie intelligent. Sy is soos die gom wat die familie bymekaar hou, en daarom het ek die enigste beursie in my versameling ‘Luna’ genoem. ’n Beursie is ’n belangrike item wat dikwels onderskat word en baie nodige en belangrike dinge bymekaar hou. Op dieselfde manier wys Luna hoe belangrik dit is om familie bymekaar te hou.

“Ek sal altyd inspirasie kry by die sterk en wonderlike vroue in my lewe, en ek hoop dat my toekomstige ontwerpe reg sal laat geskied aan die wonderlike dames wat oor my pad kom. Ek is seker daar sal nog baie meer wees, en Amâna sal op haar beurt nog verder groei tot ’n handelsmerk wat nie net tydloosheid, styl en klassieke mode verteenwoordig nie, maar ook krag, vertroue en die bemagtiging van vroue.”

MODEWEEK

Elzane en haar vriendin Alexandra Agenbach, dieselfde Alexandra na wie sy een van haar handsakke vernoem het, het besluit om saam ’n nuwe klerereeks te begin.

Dit was drie weke nadat die inskrywings vir die MTC Windhoek Modeweek gesluit het. “Gelukkig was ek ook die afgelope twee jaar by die modeweek betrokke, so ons het daarin geslaag om ’n plek te kry.

“Met Lex & Ludeke wil ons ons nuwe klerehandelsmerk bekend stel, wat van plaaslike materiaal gemaak en plaaslik vervaardig word.”

Lex & Ludeke is gebore uit ’n begeerte om smaakvolle kledingstukke te skep en kwaliteit bo kwantiteit te bevorder. Dié reeks word Saterdag amptelik by die modeweek bekend gestel.

“Ons is baie opgewonde om ons nuutste projek met Namibië te deel, asook om Namibiese vervaardigers te bemagtig en Namibiese ontwerpers aan te moedig om die standaarde van die modebedryf hier te verhoog. Sedert verlede jaar het ek al soveel verbetering gesien en dit maak my opgewonde om te sien hoe ons stap vir stap groei as ’n bedryf.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.25 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.07 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.24 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 304.95/OZ DOWN -0.0124 | Copper US$ 4.39/lb DOWN -0.0177 | Zinc US$ 2 786.00/T DOWN -1.69% | Brent Crude Oil US$ 86.39/BBP DOWN -0.009 | Platinum US$ 903.26/OZ DOWN -0.0192 Sport results: Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.25 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.07 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.24 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 304.95/OZ DOWN -0.0124 | Copper US$ 4.39/lb DOWN -0.0177 | Zinc US$ 2 786.00/T DOWN -1.69% | Brent Crude Oil US$ 86.39/BBP DOWN -0.009 | Platinum US$ 903.26/OZ DOWN -0.0192