Tydelike tuiste vir swanger vroue op Gobabis

Sowat 115 ma's al gehelp

22 November 2018 | Gesondheid
AB InBev Namibia het met die hulp van sy Omaheke Trust ­Foundation N$300 000 geskenk wat gebruik gaan word om die Lady ­Pohamba-gesondheidsgerief vir swanger vroue op Gobabis verder uit te brei.

Die oprigting van dié tydelike tuiste vir swanger vroue val onder die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se program vir die vermindering van baba- en kindersterftes.

Dit het ten doel om die gesondheid van swanger vroue en kinders te ­bevorder, en terselfdertyd struikelblokke te ­identifiseer.



VERMINDER KOMPLIKASIES

Die tydelike tuiste vir swanger vroue op Gobabis poog om dié vroue toegang tot veilige verloskundige dienste te bied en sodoende swangerskap- en kraam­verwante komplikasies te verminder, wat tot die ma of kind se dood kan lei.

Volgens mnr. Jermia Shikulo, direkteur van gesondheid in die Omahekestreek, huisves die sentrum swanger vroue wat ver moet reis of wat nie verblyf naby ­gesondheidsdienste het nie.

Volgens 'n verklaring poog AB InBev Namibia deur sy Better World-­strategie en truststigtings om die lewenstandaard van gemeenskappe op te hef waar dit sake doen.

In 2016 het die AB InBev Namibia Omaheke Trust die rehabilitering van die Wenni du Plessis- Beroepsgerigte Tegniese Blok geborg om beroepsgerigte onderwys in die land te ondersteun.

Volgens me. Maija-Lisa Hangala, hoof van die maatskappy se regs- en korporatiewe aangeleenthede, behels die bou en rehabilitasie van geriewe 'n vennootskap tussen die regering, die private sektor en die betrokke gemeenskap.

“Dit is beleggings wat die toets van tyd deurstaan en verder help om die ­volhoubaarheid en ontwikkeling van die Omahekestreek en die land as geheel te ondersteun,” het sy gesê.

Die streek se goewerneur, mnr. Festus T. Ueitele, het op sy beurt gesê die ­regering kan nie in al die behoeftes van die hele land se inwoners voorsien nie.

“Die behoeftes van ons mense is baie, en in die lig hiervan moet die private sektor en die regering kragte saamsnoer om sosioëkonomiese ontwikkeling te verskaf aan dié wat dit nodig het,” het Ueitele gesê.

Sedert die opening van die aanvangs­fase van die sentrum in Februarie vanjaar het 115 ma's hulp hier ontvang.

Soortgelyk

 

El Niño sneuwel dalk

8 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Namibiërs kan hulself staal teen heelwat meer koue weer in die volgende weke. Terselfdertyd het weerkenners ook goeie nuus oor verswakkende El...

Hulp stroom in vir Swartze

8 ure gelede | Mense

Tanja Bause – Namibiërs, veral Windhoekers, het gister hul harte oopgemaak vir ouma Katrina en oupa Jacobus Swartz, asook hul ses kleinkinders wat wees gelaat...

SME Bank:‘Geldversender’ in kollig

8 ure gelede | Plaaslik

Catherine Sasman – Me. Kalandra Viljoen, ‘n voormalige eienaar van Asset Movement Financial Services CC (AMFS), ‘n maatskappy wat ‘n yslike N$78.9 miljoen glo uit...

Weer vir 27 Junie 2019

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm in die Suide en sentrale gedeeltes. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik...

Geen uitbreking van varkgriep

8 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Namibië beleef tans ’n toename in die aantal seisoenale H1N1-griepgevalle, met sewe bevestigde gevalle van die siekte wat reeds aangemeld is. Vier...

Vermeende stroperysindikate in hof

8 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Ondanks optogte en petisies van die Outjo-gemeenskap is ses vermeende renosterstropers gisteroggend in die landdroshof op borgtog van N$10 000 elk vrygelaat....

Moordsaak teen plaaswerker uitgestel

8 ure gelede | Howe

Denver Kisting – ’n Maand nadat die plaaswerker mnr. Lukas Kaskas Kashonga glo twee mense enkele ure ná mekaar in die Rehoboth-omgewing vermoor het, het...

Cites-beraad na Genève verskuif

8 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Die Konvensie vir die Handel in Bedreigde Spesies (Cites) se 18de beraad is weens veiligheidsredes van Colombo in Sri Lanka na die...

Meatco het beesgetalle nodig

8 ure gelede | Landbou

Elvira HattinghHoewel dit lyk of Meatco se omkeer­strategie die vleisverwerker op die herstelpad geplaas het, is die maatskappy bekommerd oor hul kwynende mark­aandeel en die...