‘Tyd is ryp vir Proteas om WB te wen’

Krieket
Tinus van Staden

’n Span sonder ego’s, sonder supersterre, wat die hele land en al sy mense verteenwoordig.

Só sien Ottis Gibson sy Protea-span wat gaan probeer om geskiedenis te maak in die Wêreldbeker-kriekettoernooi in Engeland.

Aan die vooraand van dié toernooi, wat op 30 Mei op die Oval in Londen met ’n kragmeting tussen Suid-Afrika en Engeland begin, het Gibson gesê hy verstaan waarom Suid-Afrikaners so graag wil hê die span moet daardie ontwykende trofee huis toe bring.

“As ’n buitelander, vandat ek hier kom speel het (in die 1990’s vir Grens, Gauteng en Griekwaland-Wes) tot nou, is dit nog altyd duidelik vir my dat Suid-Afrika ’n sportmal land is,” sê Gibson.

“Sedert hertoetrede het ons ... het Suid-Afrika kanse gehad om die toernooi te wen en dit het nie gebeur nie,” sê die man van Barbados.

“Daar was al sukses in rugby, met die Springbokspan wat al twee Wêreldbeker-toernooie gewen het.

“Vir my voel dit dat krieket reg oor die land gespeel word, in al die landelike gebiede, so ek dink krieket verteenwoordig al die inwoners van die land beter as al die ander sportsoorte.

“Die tyd is ryp vir die krieketspan om ’n Wêreldbeker-toernooi te wen. Hopelik speel ons op 14 Julie in die eindstryd op Lord’s en kan die hele land glimlag.”

Die Proteas sal waarskynlik die gewraakte chokers-woord ’n paar keer in die toernooi hoor, veral as hulle tot die halfeindronde vorder. Dié etiket het sy oorsprong in die aanname dat Suid-Afrika onder druk vou in groot oomblikke.

“Ons probeer om nie op bagasie te fokus nie, maar net op die positiewe aspekte. As ons daar uitkom (die eindstryd), gaan ons iets bereik wat geen Suid-Afrikaanse span al gedoen het nie, so wat gaan enige bagasie ons dan help?” wil Gibson weet.

Engeland het ook, soos Suid-Afrika nog nooit ’n Wêreldbeker gewen nie.

“Ons het skitterende krieketspelers. As hulle fokus op ons planne en tot die beste van hul vermoë vertoon, kan ons iets spesiaals doen.

“Al die druk is op Engeland. Hy is die gunsteling, hy speel tuis, hy is die nr. 1-span in die wêreld,” sê Gibson.

“Ons het statistieke gesien dat die nr. 1-span op die wêreldranglys nog net een van die laaste vyf Wêreldbeker-toernooie gewen het.

“Niemand praat oor ons nie, maar ons is heeltemal gereed om onsself te laat geld en later in die toernooi deel van die gesprek te word.

“Jy hoef nie nr. 1 op die wêreldranglys te wees om te wen nie. Maar ons is vol vertroue dat ons kán wen.

“Ons is ’n span sonder ego’s, sonder supersterre. Ek sê die heeltyd vir hulle geen speler het op eie houtjie al ’n Wêreldbeker-toernooi gewen nie.

“Wat ook al gebeur – wen of verloor – ons sal dit as ’n span doen.”

Gibson se vertroue in die span se vermoës is onwrikbaar.

“Ek het die gevoel al vir ’n rukkie dat ons op die randjie daarvan staan om iets spesiaals as ’n groep te vermag.”

Aiden Markram is die enigste Suid-Afrikaanse kaptein en krieketspeler wat al ’n Wêreldbeker-toernooi kon wen. Hy het die Suid-Afrikaanse o.19-span in 2014 tot WB-glorie aangevoer. Kagiso Rabada was ook deel van daardie span.- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!