Twitter-werker knyp Donald Trump se tjirp af
Donderdagmiddag net voor 19:00 Washington-tyd sou pres. Donald Trump van Amerika vir sowat 11 minute lank nie kon twiet nie.
'n Twitter-werknemer wat sy laaste werkdag uitgedien het, het die rekening net voor 16:00 Pasifiese tyd – dus net voordat dié persoon huis toe is – opgeskort.
Trump twiet onder die naam @realDonaldTrump en sy twiets is keer op keer in omstredenheid gedompel. Hy noem sy teenstanders – en veral vroue – gereeld “crazy”, “hysterical” of “stupid”.
Sy twiets oor Noord-Korea en ander lande is besonder ondiplomaties vir die leier van die magtigste land ter wêreld.
Twitter het aanvanklik in 'n verklaring die opskorting van die rekening toegeskryf aan 'n “menslike fout”, maar het later toegegee 'n werknemer het die daad opsetlik gepleeg.
Die maatskappy sê op Twitter hy doen 'n “volledige interne ondersoek”.
Die werknemer word nie geïdentifiseer nie.
Enigeen wat in die 11 minute wou kyk wat Trump twiet, sou afgekom het op 'n boodskap: “Sorry, that page doesn't exist!”
Twitter self het natuurlik gegons oor die gebeurtenis, met een gebruiker wat die oortreder as 'n “engel van hoop” beskryf. 'n Ondersteuner het getwiet Trump bly die president en sy dank God elke dag daarvoor.
Aanvanklik is gevrees dat Trump se rekening deur kuberkrakers aangeval is. Volgens The Guardian is Trump bekend vir sy swak sekuriteit – hy het steeds 'n ou, onbeveiligde Android-foon gebruik nadat hy na die Withuis getrek het, pleks van die beveiligde toestel wat deur die geheime diens goedgekeur is.
Twitter mag gebruikers se rekeninge opskort indien hulle die kitsboodskapdiens se reëls oortree deur byvoorbeeld terreur aan te moedig, haatspraak te pleeg of ander mense af te knou.
Trump het 41,7 miljoen volgelinge. Hy volg self net 45 mense of instansies.
Hy het nie oor die voorval getwiet nie. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie