Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

18 April 2019 | Howe
‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige.
Die dogter was glo 12-jaar oud toe sy tussen September en Oktober 2017 verkrag is.
Festus Horaseb se verhoor het in die streekshof op Otjiwarongo voor landdros Marilize du Plessis plaasgevind, wie ook die vonnis opgelê het. Du Plessis is oortuig deur die sterk getuienisse wat die minderjarige asook ander gelewer het.
Die slagoffer het tydens die hofverigtinge bekendgemaak dat Horaseb haar met N$3 sy huis binne gelok het toe hy haar die eerste keer in September 2017 verkrag het. Sy het die geld gebruik om lekkers te koop.
“Hy het my toe gewaarsku om niemand van die voorval te vertel nie en ek het dit ‘n geheim gehou omdat ek bang was,” het sy die hof vertel.
Sy het bygevoeg dat Horaseb daarna voortgegaan het om haar telkemale te verkrag en geld te gee.
Die slagoffer se ma het ook getuig dat sy op 3 Oktober 2017 kneusmerke aan haar kind se private dele en bobene opgemerk het terwyl sy gestort het.
Dis toe dat die dogter alles aan haar ma vertel het en sy vir mediese ondersoeke na die Otjiwarongo Staatshospitaal geneem is. Daar is bevind dat sy seksueel misbruik is en dit het tot Horaseb se inhegetnisname gelei. – NAMPA

Soortgelyk

 

Lodge, besigheid beroof – sewe vas

4 ure gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – Sewe verdagtes was gister reeds agter tralies nadat hulle by twee verskillende inbrake in die Omahekestreek betrokke was. Een van die inbrake...

Tolpaaie dalk op pad

4 ure gelede | Vervoer

font face="Verdana" >Catherine Sasman - Die Padfondsadministrasie (RFA) beoog om die lewensvatbaarheid van tolpaaie in Namibië te ondersoek.Dít as ’n moontlike bykomende bron...

Grondwet praat jou taal

4 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Dit is belangrik dat die oppergesag van die land, die Grondwet, toeganklik is vir Jan en San Alleman.Alle wette in Namibië is...

Agterstallige pos glo nie NamPost se skuld

4 ure gelede | Ministeries

Catherine Sasman – Volgens NamPost is die agterstand in die aflewering van pos en pakkies nie sy skuld nie, maar wel die Suid-Afrikaanse Internasionale possentrum...

Weer vir 9 Augustus

4 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide, maar baie tot bloedig warm in die Noorde.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm met miskolle in...

Nou aan die gang

4 ure gelede | Kuns en vermaak

» Vanaand is die immergewilde Windhoek City Market weer in die hoofstad. Geniet ’n onbeperkte vonkelwynproe van verskeie wynkelders uit Suid-Afrika se produkte. Dié mark...

Klei en keramiek by negende biënnale

4 ure gelede | Kuns en vermaak

Die Pottebakkersvereniging van Namibië (PAN) se 9de Keramiek Biënnale word eersdaags by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) aangebied sal word. Die geleentheid is die...

N$150 miljoen vir landskapbestuur

4 ure gelede | Ministeries

Die ministerie van die omgewing en toerisme en die Nasionale Beplanningskommissie van Namibië het Woensdag ’n ooreenkoms met die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) onderteken,...

Boere kan doen met ‘n miljoen

4 ure gelede | Omgewing

Engen het gister N$1 miljoen aan die Dare to Care-droogtehulpfonds oorhandig.Dit ná sy eerste skenking van N$850 000 op Vrydag 12 Julie. Die oliemaatskappy het...