Twiets uit sel lui glo Fishrot-alarm
Twiets uit sel lui glo Fishrot-alarm

Twiets uit sel lui glo Fishrot-alarm

Denver Kisting
Denver Kisting – Twee van die Fishrot-beskuldigdes het gister op vars klagte in die Windhoek-landdroshof in Katutura verskyn.

Dié twee, mnre. James Hatuikulipi en Pius Mwatelulo, het glo op 29 Maart ongemerk twee selfone by die Windhoek Sentrale Gevangenis ingesmokkel.

Adj.komm. Kauna Shikwambi, die hoof van die polisie se skakelafdeling, het gistermiddag by navraag gesê sosialemediagebruikers het die owerhede se aandag op twiets van dié mans gevestig.

By nadere ondersoek het die korrektiewe owerhede by elkeen ’n selfoon gevind waarop hulle beslag gelê het.

“Die twee het uit hul selle getwiet, wat baie sosialemediagebruikers getrek het,” het Shikwambi gistermiddag gesê.

Adj.komm. Abner Agas, die koördineerder van misdaadondersoeke in die Khomasstreek, kon nie sê watter tipe selfone dit was nie.

Me. Josefina Nghituwamata, die woordvoerder van die Teenkorrupsiekommissie (ACC), het gesê sy dra kennis van die beweerde voorval.

Sy sê die ACC het ook ’n korrupsieondersoek van stapel gestuur. "Ons ondersoek se fokus is om vas te stel of korrektiewe beamptes hul posisie(s) misbruik het."

Die teenkorrupsiewaghond probeer ook bepaal of die selfone gebruik is om die voortslepende ondersoek in die Fishrot-saak in die wiele te ry, het Nghituwamata gesê.

’n Gevangene met wie Republikein gister gepraat het, het gesê selfone in aanhouding is nie ongewoon nie. Hy voer aan gevangenes koop beamptes met tot N$4 000 per selfoon om.

"Hulle moet mos ook eet," het hy gesê.

Die mans is sedert 27 November verlede jaar in aanhouding weens hul beweerde betrokkenheid by die grootskaalse plundering van Namibiese viskwotas.

Hulle is op dié dag saam met mnre. Sacky Shangala, die oudjustisieminister, Bernhard Esau, die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, Tamson Hatuikulipi en Ricardo Gustavo aangekeer.

Hulle is aanvanklik by die Seeis-polisiekantoor buite Windhoek aangehou, maar is vroeër vanjaar na dié korrektiewe instelling oorgeplaas. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!