Tweya: Ongelyke internettoegang is diskriminasie
Die minister hoop Namibië sal binne die volgende jaar en 'n half 100% internetdekking geniet.
Estelle de Bruyn
Die feit dat internettoegang nie vir alle Namibiërs landswyd beskikbaar is nie, is ‘n duidelike aanduiding van diskriminasie teen landsburgers.
Só het die minister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Tjekero Tweya, by wyse van ‘n ministeriële verklaring in die Nasionale Vergadering (NV) gesê.
Volgens statistieke van die Kommunikasiereguleringsowerheid het 87 skole, regeringskantore, hospitale, polisiekantore en grensposte nie netwerkdekking nie.
Sowat 700 areas in die land, ongeveer 50 per streek, het nie netwerkdekking nie.
Om te verseker dat Namibië 100% internetdekking geniet, is die land in vier gebiede verdeel.
In die eerste groep is die streke van Kavango-Oos, Kavango-Wes, Ohangwena en Zambezi. Kunene, Omusati, Oshana en Oshikoto is in die tweede groep; Erongo, Khomas en Otjozondjupa is in die derde groep en Hardap, Karas en Omaheke in die vierde groep.
Volgens Tweya moet die projek om 100% netwerkdekking te bewerkstellig, verseker dat die regte netwerk-infrastruktuur en die regte tegnologie gebruik word om in toekomstige behoeftes te voorsien en dat die regte mense beskikbaar is om die infrastruktuur in stand te hou en te monitor.
Op 27 Oktober is ‘n nuwe BTS-transmissietoring deur MTC in die Okahandja-kiesafdeling van die Otjozondjupastreek bekend gestel.
Die toring sal 3G-netwerkdekking aan nabygeleë nedersettings verskaf wat tot dusver nie netwerkdekking geniet het nie.
Tweya verwag dat dekking van die hele bevolking binne die volgende 14 tot 18 maande afgehandel sal wees.
“Die ministerie is bewus van die uitdagings wat diensverskaffers en die reguleerder in die gesig staar om netwerkdekking uit te brei en om dit vir almal bekostigbaar te maak.
“Die 4G-tegnologie word tans as ‘n luukse beskou wat net deur welaf individue bekostig kan word. Dit moenie die geval wees nie, aangesien elke burger vinniger konneksies benodig om struikelblokke uit die weg te ruim en dit vir almal maklik te maak om toegang tot die regte dienste te kry,” het Tweya gesê.
Hy wys ook daarop dat Namibië met ‘n baie vinnige netwerk verbind is wat op Swakopmund en Walvisbaai aan land kom.
“Hierdie konneksie laat ons toe om meer in die land te doen, maar die netwerkspoed en bandwydte gebruik slegs 10 GB, waarvan bedrywe slegs 0,002% van WACS se kapasiteit gebruik,” het hy gesê.
Tweya wil sien dat huishoudings se minimum netwerkspoed minstens 15 Mb per sekonde is en dat sakepersele 30 Mb per sekonde teen bekostigbare tariewe geniet.
Dit sal Namibië in staat stel om stroomtegnologie te gebruik wat Namibiërs sal toelaat om plaaslike gebeure regstreeks internasionaal teen ‘n lae koste uit te saai en om Namibiese inhoud wêreldwyd te koop aan te bied.
“Die tyd het aangebreek vir ons om geleenthede te gebruik om ‘netwerkdekking-armoede’ uit te wis deur netwerk-infrastruktuur op te stel,” het Tweya gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie