Tweejarige glo vermoor
Tweejarige glo vermoor

Tweejarige glo vermoor

Volgens die Namibiese ­polisie se misdaadverslag is drie moorde, drie pogings tot moord en twee verkragtings aangemeld.
Francoise Steynberg



'n Vrou is glo Saterdag in Blok 5 ­op Aussenkehr in die ||Kharas­streek verkrag en vermoor. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is me. ­Patrisia Madyumo (32) se halfnaakte liggaam gevind.

“Sy het net 'n T-hemp en trui ­aangehad en sy is vermoedelik met 'n onbekende voorwerp oor die kop geslaan en verkrag,” lui die verslag.

Niemand is al in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

'n Negejarige seuntjie van Sesfontein in die Kunenestreek was glo ook die naweek die slagoffer van verkragting.

'n Tienerseun (17) is Sondag in die Khowarib-kwarantynkamp in verband met dié verkragting in hegtenis geneem. Hy sou gister in die landdroshof op Opuwo verskyn.

Die polisieondersoek duur voort.

Mnr. Thembaletu Mcdonald ­Ei-Gowab (22) is glo Sondag omstreeks 02:00 op die grondpad tussen Otjomuise 2 en Otjomuise 3 in die hoofstad raakgery en met 'n onbekende voorwerp doodgesteek.

“'n Groep van sewe seuns het glo ná 'n kroeggeveg na hul huise in Otjo­muise 3 gestap. 'n Wit bakkie het hulle glo gejaag en vir Ei-Gowab gestamp. Die voertuig het glo gestop en 'n ­insittende het die slagoffer aangeval en met 'n onbekende voorwerp in die gesig gesteek,” lui die verslag.

Volgens die polisie het die voertuig weggejaag en 'n paar honderd meter van die moordtoneel af in 'n ongeluk betrokke geraak.

'n Verdagte (22) is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.

Op Okatope naby Oniipa in die ­Oshikotostreek word 'n pa en sy broer vir die moord op Chavanga Shipandeni Itende (2) ondersoek.

“Die seuntjie het na bewering die naweek by sy pa se huis gekuier en by sy oom in die bed geslaap. Die pa het die seuntjie glo Sondagoggend van sy broer se bed af opgetel en nie agtergekom die seuntjie beweeg nie,” lui die verslag.



MEISIE (13) GEWOND

In die Tuhingireni-nedersetting naby Rundu is 'n 13-jarige meisie Sondag omstreeks 04:00 glo in die bors geskiet terwyl sy saam met ander kinders in 'n kamer geslaap het.

Die meisie is in die Rundu-staatshospitaal in 'n kritieke toestand opgeneem waar sy tans herstel.

Niemand is al in hegtenis geneem nie en dit is nie bekend watter vuurwapen gebruik is nie. Die polisie­ondersoek duur voort.

By Oshikuku in die Omusatistreek is 'n polisieman Sondag omstreeks 03:08 glo twee keer met 'n okapi-mes in die bors gesteek.

“Die polisieman het glo probeer om 'n bakleiery tussen seuns te stop, wat op pad huis toe was ná hulle van plaas­like sjebeens af teruggekom het,” lui die verslag.

Hy is na Oshikuku se Rooms-Katolieke hospitaal gehaas en later na die Oshakati-staatshospitaal oorgeplaas waar hy in 'n stabiele toestand verkeer.

'n Verdagte (26), glo 'n student aan die Rooms-Katolieke Kerk op ­Oshikuku se beroepsentrum, is in hegtenis geneem. Hy sou gister in die landdroshof op Oshakati verskyn.

Op Kuisebmond in die Erongo­streek is 'n 40-jarige verdagte in verband met 'n poging tot moord in hegtenis geneem ná 'n 22-jarige man in sy regterboud met 'n pistool geskiet is.

“Die slagoffer en sy vriend was na bewering Saterdag omstreeks 04:25 op pad huis toe. Die verdagte het hulle glo voorgekeer en daarvan beskuldig dat hulle by sy voertuig ingebreek het en items daaruit gesteel het,” lui die verslag.

“Die verdagte het glo sy pistool uitgehaal waarná die slagoffer en sy vriend die hasepad gekies het. Die verdagte het glo op hulle geskiet en die 22-jarige getref.”

Die slagoffer is in 'n stabiele toestand in die Walvisbaaise staats­hospitaal opgeneem.

Die polisie het beslag op die verdagte se gelisensieerde pistool gelê en later is vasgestel daar is glad nie by sy voertuig ingebreek nie.

Op Maltahöhe in die Hardapstreek is 'n 30-jarige man, mnr. Bourquise Beukes, glo Sondag omstreeks 01:35 by die Naughty Entertainment-kroeg in die Andrewville-buurt met 'n wynbottel in die kop en nek gesteek.

“Hy is in 'n stabiele toestand in die Maltahöhe-gesondheidsentrum. 'n Verdagte (42) is in hegtenis geneem en die polisieondersoek duur voort.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.17 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.59/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.02% | Zinc US$ 2 822.80/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 87.56/BBP DOWN -0.0017 | Platinum US$ 941.71/OZ UP +0.18% Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.17 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.59/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.02% | Zinc US$ 2 822.80/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 87.56/BBP DOWN -0.0017 | Platinum US$ 941.71/OZ UP +0.18%