Tweede fase van immuniserings begin
Tweede fase van immuniserings begin
02 April 2021 | Gesondheid
Buiten gesondheidswerkers kan die volgende geoormerkte groepe nou aanmeld vir immunisering teen Covid-19. Die groepe sluit in lede van korrektiewe dienste, polisie- en immigrasiebeamptes, alle personeel by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, die Walvisbaaise lughawe asook werknemers by die hawe op die dorp; vragmotorbestuurders, vlieëniers en langafstand busbestuurders met permanente verblyf in Namibië; persone betrokke in die verspreiding van pensioen en ander maatskaplike toelae; joernaliste en diplomate.
Ander geteikende groepe sluit ook in alle persone in tronke tussen die ouderdomme van 18 en 65 jaar, alle persone in die ouderdomsgroep 60 tot 65 jaar met en sonder onderliggende toestande, sowel as geestelike, tradisionele en verkose leiers.
Die beperkte dosisse Covishield sal voorkeur kry vir gebruik by persone met onderliggende mediese toestande en inwoners tussen die ouderdomme van 60 en 65 jaar oud.
Die immuniseringspunte is in Khomas by die Windhoek Sentrale en Katutura-hospitale en in Erongo by die staatshospitale op Swakopmund en Walvisbaai.

Soortgelyk
Heckmair-verhoor verder vertraag
1 uur gelede | Misdaad
Skoolseun in selle oor video van geweld
1 uur gelede | Misdaad
Jong dokter verskyn vir verkragting
4 ure gelede | Misdaad
Leerlingdokter verkrag glo pasiënt
16 ure gelede | Misdaad
Bejaardes op Swakop en plaas aangeval, beroof
16 ure gelede | Misdaad
O die donkie, die donkie is ‘n wonderlike ding...
16 ure gelede | Mense
Covid-19 teister skole in Hardap
16 ure gelede | Ministeries
Weer vir Woensdag 14 April
16 ure gelede | Weer
Bure help hul buurte skoonhou
16 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies