Tweede Afrika-kanniedood sterf
Tweede Afrika-kanniedood sterf

Tweede Afrika-kanniedood sterf

Denver Kisting
Die universe – mý universe met 'n kleinletter “u” – het 'n konsekwent boeiende sin vir humor. En sy stel selde teleur. Die afgelope week het sy weer pragtig haar man gestaan.

Ek was vas oortuig dat min mense op aarde geregtigheid kan laat geskied aan die uitdrukking “om soos klitsgras aan 'n wolkombers te klou” soos ons bure se nou in-die-pad-gesteekte JZ. Ekskuus, dis nie heeltemal waar nie. Hy het mos glo 'n slag 'n eerbare poging aangewend en laat Woensdagaand bedank en is nie afgedank nie. Wel, selfs klouende, knaende en krapperige klitsgras vou onder druk van jou eie ANC comrades, nè.

Zuma se dramatiese einde die afgelope week – in elk geval veels té laat, voel baie – volg relatief kort op die hoë hakke van 'n ander Afrika-kanniedood, Zim se Tatekulu Bob Mugabe, se uittog laat verlede jaar. Nou kyk, albei hierdie kalante het nie sag gekook nie – nie eens oor 'n oop Rehoboth-bruilof- of lykwaakvuur in 'n driebeenpot nie.

Maar, daai lieflike universe, met die stuitige humorsin, het ons gehelp, glo ek, om van die vabonde ontslae te raak.

Kom ek wees eerliker en gee ook erkenning aan elkeen se eie, tweegesig binnekring wat hulle (uiteindelik, genadiglik!) die rug toegekeer het.

Dis nie om dowe neute nie, dink ek, dat die 90's-helde Boyz II Men se “End of the road” gisteroggend ­oënskynlik uit die bloute op YouTube op my slimmerige foon verskyn het nie. (Ek steun deesdae opnuut op musiek om saam met die oggendkitsbrousel die dag met skop te begin.) Onder die boyz op die speellys was R. Kelly ('n ander omstrede seun) se “The storm is over”. Ook toeval?

In elk geval, ek wyk af, ek is vandag ongelooflik trots om nie net 'n Namibiër te wees nie, maar veral 'n Afrikaan te wees. Die láng kronkelpad na herroeping, bedanking en/of ontslag van die klongens was moedig en bloederig. Maar onse mense het gepraat – luid en duidelik – en ons kan uiteindelik 'n sug van verligting slaak. Dit het wragtag selfs vandeesweek in desperaat­droë Kaapstad gereën!

Baie is dit egter eens dat die vreugdevure nog nie té hoog vlam moet vat nie. In Zimbabwe kraai 'n nuwe staatshoof, Oom Emmerson, tans koning. Maar ons moet nooit vergeet dat hy vir drie dekades Robert Gabriel Mugabe se pligsgetroue regterhand was nie. Trouens, hy het baie van Mugabe se drakoniese besluite getrou gehelp implementeer. So, gaan die “bewindsverandering” regtig 'n verskil maak in die lewe van die deursnee Zimbabwiër? Of bly dit maar (horrible) business as usual vir 'n land en sy pragtige mense wat in 'n lang vergete stadium die grootse hoop vir die vasteland ingehou het?

Wat ons bure suid van die Oranje betref, het professor Nico Horn van Unam die afgelope week gesê daar is groot verwagtinge dat Cyril Ramaphosa met sy kundigheid op sakegebied die Suid-Afrikaanse ekonomie, aan wie se heup Namibië noodgedwonge vasklou, sal regruk ná die verwoesting wat Zuma en die Guptas gesaai en veral gemaai het.

Maar, maan Horn én die uitgesproke jeugaktivis, Job Amupanda, die verrotting sny dieper as die been. Die koeël was waarskynlik lankal deur die sekulêre kerk. Die skade is verdoemend en verreikend en vergesog.

Ondanks hierdie pynlike werklikhede en die siening dat die storm ver van verby is, glo ek met my hele wese énige verandering is 'n goeie een en vandag wil ek ons bure van albei lande salueer. Dankie dat julle opgestaan en besluit het genoeg is oorgenoeg.

Ek glo ons bevind ons te midde van m**rse interessante tye en dit maak my hart opreg bly om veral vandag 'n Afrikaan te wees.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Bristol City 1 vs 0 Leicester City Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.66 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: European Championships Qualifying: Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Bristol City 1 vs 0 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.66 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%