Twee vas oor 100 stukke ivoor

Twee tot vier groot tande opgekap

09 October 2019 | Misdaad
Francoise Steynberg



Die Blue Rhino-taakspan, onder leiding van die bekwame komm. Barry de Klerk, het verlede week 'n groot slag geslaan toe hulle glo twee Namibiese mans met 100 stukke ivoor vasgetrek het.

De Klerk het gister bevestig mnre. Tjaveondja Rusuvero (32) en Theopaldt Uaetuiihe (51) is verlede Donderdag in verband met vermoedelik twee tot vier groot olifanttande wat in 100 stukke opgekap is in Windhoek in hegtenis geneem.

“Die twee verdagtes is omstreeks 18:20 by die China Town-winkelsentrum in die noordelike nywerheidsgebied in hegtenis geneem toe hulle die stukke ivoor aan geheime speurders verkoop het,” het De Klerk aan Republikein gesê.

Rusuvero, van die Hakahana-woonbuurt in die hoofstad, en Uaetuiihe, van Okandjatu, het reeds op klagte van die onwettige besit van en handel in beheerde wildprodukte in die Windhoekse landdroshof in Katutura verskyn. Hulle bly in aanhouding.

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag van die Namibiese polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne (PRU) en die ministerie van die omgewing en toerisme se eenheid vir intelligensie en ondersoeke is 11 Namibiese wildmisdaadverdagtes verlede week tussen 30 September en 6 Oktober in hegtenis geneem.

Vyf nuwe sake is aanhangig gemaak.



34 RENOSTERHORINGS

Twee verdagtes is in verband met renosterstropery of horingsmokkelary asook olifantstropery of ivoorsmokkelary in hegtenis geneem.

Een van die verdagtes, mnr. Viega Shipahu, is verlede Vrydag op Outjo deur die Blue Rhino-taakspan in hegtenis geneem.

Hy word daarvan aangekla dat hy 34 renosterhorings in Augustus uit die eienaar van 'n private wildreservaat langs die Etosha Nasionale Park se instapkluis in sy huis op Outjo gesteel het.

Mnr. Komanjongo Tjiumbua is Mnr. Komanjongo Tjiumbua is verlede Donderdag deur die Blue Rhino-taakspan in hegtenis geneem en word daarvan aangekla dat hy 'n renoster by Sesfontein gestroop het.



IETERMAGôS

Twee ietermagôkarkasse en vier ietermagôvelle is ook gekonfiskeer.

Op Rundu is mnr. Edward Shitarara verlede Dinsdag glo met een ietermagôkarkas en -vel tydens Operasie Kalahariwoestyn van Nampol in hegtenis geneem.

Op dieselfde dag en dorp is drie mans, mnre. Makazi Rigen, Kambinda Hausiku en Matamu Andrias, deur lede van Nampol, die Namibiese weermag en die ministerie van die omgewing en toerisme glo met een ietermagôvel in hegtenis geneem.

Mnre. Pollman Naibeb en Petriek Awaseb is op dieselfde dag op Grootfontein deur lede van die Blue Rhino-taakspan en Nampol glo in besit van een ietermagôvel vasgetrek.

Op Ndiyona in die Noordooste het Nampol-lede mnr. Haushiku Tjondo verlede Donderdag in verband met een ietermagôkarkas en -vel in hegtenis geneem.



HOFSAKE

Mnre. Fillipus Veeteni en Nafimane Hafeni het verlede Donderdag in 'n hof verskyn ná hulle glo met een olifanttand naby Epako vasgetrek is. Hulle bly in aanhouding.

Die borgtogverhoor van sewe vermeende renosterstropers en/of horingsmokkelaars het verlede Vrydag op Otjiwarongo plaasgevind en mnr. Eeno Anguwo is borgtog van N$10 000 toegestaan.

Sy ses medebeskuldigdes, mnre. Kaukamburua Tjingee, Sakeus Ekandjo, Tjipurua Vemukuta, Justus Embula, Isaskar Kadhila en Mairinyengiza Kanima bly in aanhouding.- [email protected]

Soortgelyk

 

Wettig aborsie, sê Geingob

19 minute gelede | Regering

Denver KistingOf aborsie wettig is of nie – dit gebeur en baie vroue sterf jaarliks as gevolg daarvan.Daarom, sê pres. Hage Geingob, sal aborsie in...

Gertze: Geen borg vir nou

19 minute gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – ’n Klag van poging tot moord staar ’n Windhoeker in die gesig ná hy glo verskeie skote die naweek op sy vrou...

Make way for the PillowChick

19 minute gelede | Mense

Ester Kamati Julia Ndeilenga has turned her love for décor into a thriving pillow business, with her merchandise now decorating Nictus’ shelves in Windhoek.Walvis Bay...

Berserker vermoor 2-jarige nefie glo

19 minute gelede | Misdaad

’n Tweejarige seuntjie is vroeg Saterdagoggend dood toe sy 50-jarige oom hom na bewering met ’n graaf aangeval het, terwyl ’n driejarige meisie ernstige beserings...

Pastoor bly agter tralies

19 minute gelede | Howe

Leandrea Louw op Walvisbaai - Past. Marvin Damaseb (39) van die Holy Ghost Fire Ministries op Walvisbaai het gister op ’n klag van ontvoering...

Weer vir 19 November 2019

19 minute gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele donderbuie by Tsumkwe en in die streke van Omaheke enZambezi. KUS: Gedeeltelik bewolk en koud...

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

19 minute gelede | Politiek

Mike KavekotoraRally for Democracy and Progress (RDP) Mike Kavekotora is die RDP se presidensiële kandidaat.'n Maatstaf by die stembus sal wees of hy meer as...

More books for more children

19 minute gelede | Onderwys

Ester KamatiOn 12 November, the National Library proudly hosted the donation of 308 books towards the One Book, One Child reading campaign, which aims to...

An apple a day

19 minute gelede | Onderwys

Mariselle StofbergThe Cancer Apple Project has impacted the lives of numerous Namibians and has managed to raise N$2.5 million in aid of the Cancer Association...