Twee vas met 167 renosterhorings in hul besit
Jeanelle Greyling - Twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle Saterdag met 167 renosterhorings in hul besit gevang is.
Die twee mans, 57 en 61 jaar oud, sou gister in die landdroshof op Brits verskyn.
“Ons is besig om vas te stel hoeveel die renosterhorings werd is en waar die twee dit gekry het,” sê brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke.
Hy wou nie sê of die verdagtes Suid-Afrikaners is of nie.
“Die ondersoek is baie sensitief. Ek wil nie te veel inligting verklap wat die saak kan beïnvloed nie.”
Luidens ’n mediaverklaring van die Valke het sy eenheid vir bedreigde spesies saam met ’n spesiale taakmag, die opsporingsmaatskappy Tracker en die veiligheidsmaatskappy Vision Tactical gewerk om die twee mense in hegtenis te neem nadat hulle inligting ontvang het dat ’n voertuig van ’n kusgebied “’n aansienlike hoeveelheid renosterhorings vervoer.
“Die voertuig is in die Hartebeespoortdam-gebied gevind.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie